Nare Metgesel

Twee maande lank,word ek agtervolg deur ‘n nare vrou.Sy agtervolg my vier-en-twintig uur lank,elke dag.Sy verskyn heeltyd uit die bloute,ongevraagd,onverwags en heeltemal ongenooid!Ek is nou redelik dik vir die tante en wil haar warmplek toe stuur.

Sy het ‘n drake-asem,wat sy in my vernoude are inblaas,sodat my poorte kreunend oopgaan en dit voel of die rookwalms my skedeldeksel gaan oplig!Bedags tref haar onwelkome attensies my in die benoudste plekke,waar ventilasie totaal afwesig is.Dan trek ek ongemerk bietjie van my klere uit,vee skelmpies met ‘n sakdoekie oor my sweetpêrelende voorkop en probeer haar waardig teenstaan!

Nadat haar onwelkome attensies gewyk het,laat sy my met ‘n doodse koue agter en moet ek weer rittelend my klere aantrek,ysig en nat tot in my murg.Sy is ‘n pes,wat my privaatheid binnedring en haar heksevuur laat brand en rook in my beleërde lyf.

Na elke besoek van die hitsige tante,lyk my kapsel soos ‘n “appy” se mislukte beginnerspoging en my maskara loop sulke strepe uit my ooghoeke.Waardigheid o waardigheid,waar is jy heen?

Ek haat haar wanneer sy snags omtrent elke uur haar opwagting maak en my rustige slaap omkeer in ‘n helse kookpot,waarin allerhande gediertes borrel en prut.Komberse op, komberse af..geen rus of duurte vir ‘n arme siel nie!

Die Katolieke se vagevuur is soos ‘n koel briesie in vergelyking met hierdie innerlike vuur!

Wyk Antie..wyk! Ek is hartlik siek en sat vir jou!

35 Replies to “Nare Metgesel”

  1. Dis erger as erg… ek weet hoe dit voel. Jy moet maar weer iets anders by die dr. kry> ‘n Vriendin van my glo aan ‘n room wat jy eenkeer per dag op ‘n plekkie waar die vel dun is smeer…ek is maar skeptiesSterkte

    Like

  2. Aha!Welkom…ken dit so goed. Alle klere moet knope voor he. Trek laag op laag aan, en as die anti opdaag, dan gryp jy met twee hande pluk als uit om te keer dat dit nat word.Ek het die kopstuk agter ons bed weggeskuif en weet jy hoe heerlik koud is die muur agter my kop. Sit altwee polse teen die muur. Het nog nooit iets gedrink nie, want ‘n dr het gese vrouens wat ekstra hormone gebruik, kry makliker beroertes.

    Like

  3. Daar is nie genoeg ys in die Noordpool om daardie hitte weg te smelt nie. Hierdie hekse-“berg” sal jy nog oor – sy’s net ‘n bietjie knaend en vasberade.

    Like

  4. shaaim, is dit onttrekkings of stuiptrekkings…laat my dink aan die stuk Franse kaas wat ek vandag gekoop het, dont know if it had been exported or deported…

    Like

  5. Ek was ook nie befoeterd nie, maar die pilletjies hou die vuurtjie aan die gang (sonder warmgloede) 🙂 Maar daardie emosies van jou op die Gautrein….

    Like

  6. Dis moeilik om te sê. Ek is gelukkig (?), want ek kry in elk geval so vrekwarm in hierdie plek waar ek woon – ek slaap permanent natgesweet as ek nie waaiers of lugreëling aanskakel nie. Daar is vriendinne wat al in hul middelveertigs begin gloei en dan is daar diegene wat vir jare tot amper sestig nog STEEDS ongemaklik is. Ag, maar troos jou daaraan dat dit die een of ander tyd gaan ophou en jy dan heel bevry en verlig gaan voel … ook van enige ander sikliese en hormonale probleempies. Dra maar meestal ligte katoen en gaan koop vir jou dun “shorty pajamas”. Ek, persoonlik, verkies altyd ‘n spaghetti-strap of moulose t-hemp onder ‘n hemp of bloes, want ek verafsku sweet. (Dit werk vir my soos vir die ou mediterreense mans wat altyd ‘n “wessie” onder hulle hemp dra.)

    Like

  7. Ooh dit klink vreeslik, my virendin kla ook so en as ek lag dan se sy, JOU dag sal kom…Strongs! My ma gebruik natuurlike kruie pille! Kan vir jou uitvind.

    Like

  8. Jou dag sal kom,maar ek sal nie vir jou lag nie..net bly wees ek is dan verlos van die vieslike warm antie!Sal dit waardeer as jy kan uitvind.Ek sal mieliepitte ook kou as dit sal help!

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +