Optrede kring uit

Maandag was blou.Ek moes my tuinier na ‘n ander kliniek toe neem om daar te herregistreer,nadat die vorige privaatgesubsidieerde kliniek bankrot gespeel het,weens wanbestuur!

‘n Maand gelede het ons met die privaatkliniek se oorplasingsbief na ons dorpskliniek in Benoni gegaan om daar vir hom ‘n leer oop te maak.Toe se die dame daar,hy het mos nou medisyne gekry en hy moet maar eers oor ‘n maand kom,dan registreer sy hom.Verlede Woensdag gaan hy toe op sy eie en einste dame stuur hom weg en se hy moet na Boksburg se kliniek gaan.Ek was woedend,want dit is ver en sy het dan laas gese hy kan daar inval.

Nietemin,ons ry toe Boksburg toe.Buite die stadsentrum,klim jy oor maande se gemors en ek is toe al klaar opgeklits!Dis dan nou die sitkamer van jou dorp wat so lyk.In die kliniek sit honderde verwese mense en daar is ‘n piepklein ruitjie waar jy aanmeld.Dit sit op die swakste plek moontlik,want jy moet tussen die stoele en sittendes deurvleg om daar te kom.Ek gee toe die nodige papiere in,verduidelik my storie en toe ek ‘n afskrif van tuinier se ID gee,word ek ingelig die oorspronklike is nodig.Ek het vir hom vooraf gese hy moet sy ID saambring,maar toe hy vergeet,het ek ‘n afskrif wat ek gehad het,saam gebring.

Ek vra toe vir die dame of die afskrif nie reg is nie en sy spin ‘n lang storie,waarna ek nie eers behoorlik geluister het nie,want toe verloor ek dit heeltemal.Ek moet eerlik se ek verloor nooit my humeur in die openbaar nie en ek is altyd rustig en geduldig,maar iets buite myself het net die vark in my losgemaak!Dametjie seg toe ek moet kalmeer,anders help sy my nie.Gelukkig was dit ‘n blanke,anders was ek sekerlik vir rassisme aangekla!Ek het vreeslik verskoning gevra en sy stel toe voor dat ek weer Benoni toe gaan,want hulle moet Jakob (skuilnaam) daar toelaat,want dis waar hy woon en werk.Gewapen met haar naam en telefoonnommer is ons weer vort Benoni-kliniek toe.Sy het gese dat hulle haar moet bel as daar enige nonsens is.

By Benoni-kliniek sit ons in geen lang ry nie,kom gou by die venster waar ons moet aanmeld en sonder enige storie(nie eers die ID was nodig nie)word ‘n leer oopgemaak en Jakob kan in die tou gaan sit en wag vir sy medisyne!Hy lig my toe in dat dit die vrou in die ander glashokkie is,wat hom weggestuur het,dieselfde een wat daardie dag te lui was om hom te registreer toe ek saam met hom gegaan het!

Haar optrede (luiheid om ‘n leer oop te maak),het veroorsaak:1.Ons het ‘n maand gelede petrol uitgery om daar te kom..onnodig!2.Jakob het treingeld en sy tyd gemors om verlede week daar te kom.3.Ons het petrol en tyd spandeer om by Boksburgkliniek te kom.4.Ek het my soos ‘n vark gedra en heeldag ‘n kopseer gehad en my dood geskaam vir myself! 5.Ons moes weer Benoni toe ry..weer brandstof!

Daai antie kan bly wees dat ons nie weer by haar venstertjie beland het nie..ek was lus vir oorlog!

(Skuus,ek kon nie my kappies en deeltekens regkry nie.Het iemand raad?)

Advertisements

Vrek gesukkel

Ek het nou skoon ‘n spasma in my nek.Ek het al die verkeerde knoppe gedruk en op die end geëindig met ‘n vis bo-aan my blad.Hopelik gaan dit nie ‘n stink vis wees nie,maar hier is ek nou!

Verder is dit ‘n pienk spulletjie,maar dit moet nou maar vireers so bly.

Sielige skat

Hierdie ou dierasie is my “kleinkind” en ek moes hom verlede naweek oppas.Ek het sy kombers gewas en oor die tuinstoele gegooi om droog te word.Toe ek weer kyk,sit ta daar met die mismoedigste uitdrukking op sy gesig.Hy wil mens die heeltyd sien en toe ons hom ignoreer en rugby in die sitkamer kyk,het hy daar opgeklim,seker “om beter te kan sien my kind”(alla Rooikappie se ouma).

Die ou het ‘n hele uur daar deurgebring en net al treuriger en treuriger begin lyk.Hy is ‘n regte ou skattebol en wie se hart sal nou nie week word by aanskoue van so ‘n hanggevreet nie?

Die foto’s is bietjie greinerig,want ek het dit met my selfoon geneem.

Verrassings in die gras

Groot was ons vreugde toe ons onverwags op hierdie lieflike kat afkom.Die luiperd bly maar een van die mooiste diere op aarde.Elke keer wanneer ek een sien,snak ek na my asem en kry koue rillings van aandoening.

Nog ‘n bonus,was die uiters skaars en bedreigde Bastergemsbokke.Hulle is verskriklik sku en neem omtrent ‘n lang tyd om genoeg moed bymekaar te skraap vir ‘n lekseltjie water.Hulle kyk eers die kat goed uit die boom uit en hardloop omtrent drie of vier keer weg,voordat hulle uiteindelik water drink!

Hier was dit weer sulke tyd en die senuweeagtige kalfie skrik sommer vir sy eie skaduwee.Let op na die groot donkie-ore en die gemsbokagtige horings,wat heelwat korter is as dié van die gemsbok.

Naas die Eland is die Bastergemsbok die grootste boksoort in Afrika met ‘n gemiddelde massa van 270kg.

Asemrowende gesig!

Een oggend vroeg word ons deur hierdie asemrowende gesig begroet.In die verte sien ons net ‘n stofstreep en soos dit naderkom,verskyn Afrika se grootste,gevaarlikste diere uit die stofnewels!Seker maklik sewehonderd buffels was op ‘n drafstap,agter mekaar oppad water toe.

Die eerstes bereik die water en steek dorstige snoete in die koel lafenis in.

Die voorstes drink al en nog steeds kom hulle aangestreep!

Nadat gedrink is,is daar tyd vir bad en rol in die modder!

Niks kom by die atmosfeer van sagte gebulk,die geswoesj van water en die ongelooflike interaksie van buffels in ‘n trop nie!

Hwange weereens

Ek plaas ‘n paar foto’s van die kampe waar ons gebly het,om ‘n idee te kry hoe dit daar lyk.

Shumbakamp waar ons drie dae gekamp het.Let op hoe lendelam die draad is.Wanneer die hekke toe is,kan ‘n leeu regop onderdeur loop!

Grasafdakkie en piekniektafels waar dagbesoekers kan uitspan.Agter die reuse wurgvy,is die toilette.

Oom Olifant het juis in die nag oor die lae draad geklim en heerlik gesmul aan die vyeboom.

Dit was angswekkend,want ons was bang hy stoot sommer die boom om.Gelukkig het hy na ‘n angsvolle

uur of wat,sy lyf weer oor die draad gelig!

Ons tent met kombuisie en stort agter.Gelukkig was daar ‘n donkie waarin David,

die kampopsigter, vir ons vuur gemaak het.Die stort was heerlik warm.

Ons volgende kampplek was Kennedy 1.Hier is ons reg langs die oulike kombuisie geparkeer.

Die opsigter,Simon, en sy vrou,hou die plek tip-top met die minimum geriewe soos skoonmaakmiddels,

ens.tot hul beskikking.Horingou, deurgewaste,dun handdoeke uit ‘n vervloeë kolonialistiese era,hang silwerskoon

langs die buitelug wasbakke. 

Ngweshla Piekniekplek.Ons het nie hier oornag nie,maar twee keer hier aangery vir middagete.

Die mense wat die kamp gehuur het,was vreeslik beïndruk met die opsigter,Vincent.

Hy het sommer hul klere ook gegryp en gewas sonder dat hulle gevra het!Wat ‘n skatlike omie,

oud al,maar so hardwerkend en hulpvaardig..het ons skottelgoed ook gegryp en gewas!

Die ingang tot Ngweshla.Vincent is baie trots op sy versierings en hark en vee heeldag!