Pelgrimstog

Ek en manlief was gister op ‘n pelgrimstog vir die dag Vrystaat toe.Ons het sommer gevlieg,want Bloemfontein is ‘n skrale vyf-en-veertig minute van OR-Tambo af.My ontbyt was nog in my keel,toe land ons al doer in die dorre Vrystaat!

Die rede vir die besoek was om ‘n onafgehandelde saak reg te stel.Manlief se pa is elf maande gelede oorlede en van die nege kinders wat hul eens was,is daar nog net drie suters oor..almal in hul tagtigs.Die oudste van die drie is al ‘n hele ruk lank siek en manlief het sy pa belowe dat hy hom sou neem om haar te gaan besoek.Met Pa se skielike dood het dit nooit gebeur nie en manlief het ontsettend hartseer daaroor gevoel.

Gister was dit tyd om dit reg te stel.Ek kan nie genoeg vertel van die mense se gasvryheid nie.Die siek tante bly by haar weduwee-dogter en die ander twee susters was ook daar,spesiaal vir ons besoek.Daar was nog ander niggies en twee agterkleingoed,’n hele huis vol.

Middagete was ‘n ware ete soos net boerevrouens kan voorsit..wil nie eers daaraan dink nie,dan is ek van vooraf honger!Voor die tyd natuurlik tee,koeksisters en souttertjies ook gehad.Vir nagereg elkeen twee pannekoeke.Vandag is dit pure droogte en rou wortels hier!

Ons het albei afsonderlik ‘n alleentydjie met die tante gehad.Sy is ‘n besondere mens, het haar ouers op ‘n vroeë ouderdom verloor en moes inklim om die jonger susters te versorg.Longkanker is onlangs by haar gediagnoseer en sy het besluit niks gaan daaraan gedoen word nie.Sy spandeer nou kwaliteit tyd saam met haar geliefdes en hulle versorg haar pragtig.Haar bed kyk uit op ‘n tuintjie met vrolike blomme en hangmandjies,wat haar dogters spesiaal vir haar ontwerp het.Dit maak sommer die siekekamer ‘n vrolike plek.Sy kla nooit nie en is altyd besorgd oor ander mense.

Toe ons daar aankom,het sy ons staande gegroet.Dit het baie inspanning geverg en sy weet nie hoe geëerd ons gevoel het nie!Sy het amper heeltyd in die geselskap gesit,al het sy kort-kort vreeslik gehoes.Toe ons laatmiddag loop,was sy sekerlik gedaan.

Met ons tuiskoms het ons besef,Pa sou baie bly gewees het en dit was soos ‘n las van manlief se skouers af dat hy nooit sy pa se wens vervul het nie.Hierdie besoek was nou wel tweede-beste,maar die vreugde wat dit gebring het,het alle skuld gedelg!

Die les..moet nooit uitstel om sekere dinge te doen nie!

Advertisements

20 thoughts on “Pelgrimstog”

  1. Ai tog! Ek kry die ou mense so jammer, veral as hulle nog kanker ook het. My ouers ook so gesterf.Dankie vir die deel hiervan

    Like

  2. Dis lewe is so kort en gejaagd, dat sulke besoeke dikwels agterweë bly.Ek vrees die ouderdom, en hy stap vinnig – heeltemal te vinnig – nader…………..

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s