Ek en manlief was gister op ‘n pelgrimstog vir die dag Vrystaat toe.Ons het sommer gevlieg,want Bloemfontein is ‘n skrale vyf-en-veertig minute van OR-Tambo af.My ontbyt was nog in my keel,toe land ons al doer in die dorre Vrystaat!
Die rede vir die besoek was om ‘n onafgehandelde saak reg te stel.Manlief se pa is elf maande gelede oorlede en van die nege kinders wat hul eens was,is daar nog net drie suters oor..almal in hul tagtigs.Die oudste van die drie is al ‘n hele ruk lank siek en manlief het sy pa belowe dat hy hom sou neem om haar te gaan besoek.Met Pa se skielike dood het dit nooit gebeur nie en manlief het ontsettend hartseer daaroor gevoel.
Gister was dit tyd om dit reg te stel.Ek kan nie genoeg vertel van die mense se gasvryheid nie.Die siek tante bly by haar weduwee-dogter en die ander twee susters was ook daar,spesiaal vir ons besoek.Daar was nog ander niggies en twee agterkleingoed,’n hele huis vol.
Middagete was ‘n ware ete soos net boerevrouens kan voorsit..wil nie eers daaraan dink nie,dan is ek van vooraf honger!Voor die tyd natuurlik tee,koeksisters en souttertjies ook gehad.Vir nagereg elkeen twee pannekoeke.Vandag is dit pure droogte en rou wortels hier!
Ons het albei afsonderlik ‘n alleentydjie met die tante gehad.Sy is ‘n besondere mens, het haar ouers op ‘n vroeë ouderdom verloor en moes inklim om die jonger susters te versorg.Longkanker is onlangs by haar gediagnoseer en sy het besluit niks gaan daaraan gedoen word nie.Sy spandeer nou kwaliteit tyd saam met haar geliefdes en hulle versorg haar pragtig.Haar bed kyk uit op ‘n tuintjie met vrolike blomme en hangmandjies,wat haar dogters spesiaal vir haar ontwerp het.Dit maak sommer die siekekamer ‘n vrolike plek.Sy kla nooit nie en is altyd besorgd oor ander mense.
Toe ons daar aankom,het sy ons staande gegroet.Dit het baie inspanning geverg en sy weet nie hoe geëerd ons gevoel het nie!Sy het amper heeltyd in die geselskap gesit,al het sy kort-kort vreeslik gehoes.Toe ons laatmiddag loop,was sy sekerlik gedaan.
Met ons tuiskoms het ons besef,Pa sou baie bly gewees het en dit was soos ‘n las van manlief se skouers af dat hy nooit sy pa se wens vervul het nie.Hierdie besoek was nou wel tweede-beste,maar die vreugde wat dit gebring het,het alle skuld gedelg!
Die les..moet nooit uitstel om sekere dinge te doen nie!
Eish hoe laat jy my nou tjank…
LikeLike
kan net dink hoe sy dit waardeer het.ons is maar almal geneig om goed uit te stel waaroor ons later spyt is
LikeLike
Dit was baie emosioneel,maar met berusting daarby.
LikeLike
Dis menslik om uit te stel,maar veroorsaak soms baie spyt.
LikeLike
Ja, daardie uitstel, het baie van ons al groot spyt besorg. Goed dat julle gegaan het.
LikeLike
Ai tog! Ek kry die ou mense so jammer, veral as hulle nog kanker ook het. My ouers ook so gesterf.Dankie vir die deel hiervan
LikeLike
Dankie dat jy dit met ons gedeel het. Ek is seker dit het vir die tannie oneindig baie beteken. xx
LikeLike
Dis lewe is so kort en gejaagd, dat sulke besoeke dikwels agterweë bly.Ek vrees die ouderdom, en hy stap vinnig – heeltemal te vinnig – nader…………..
LikeLike
Lekker ou Vrystaat.
LikeLike
Jip – doen dit nou!
LikeLike
jy en joune is GOEIE mense …
LikeLike
Die tantes het alweer gebel en gesê hoe lekker dit vir hulle was.
LikeLike
Jip,dis elkeen se grootste vrees!
LikeLike
En hoe!Bloemfontein het so ‘n lekker atmosfeer.
LikeLike
Spyt kom te laat!
LikeLike
Dankie Kroks.Ek is bly om te sien jy swewe nog hier rond!
LikeLike
Ag dis goed van julle!
LikeLike
ai tog….lekker hartseer maak jy my nou!
LikeLike
Die Vrystaat is behoorlik dor. En nog plek-plek geskroei ook.
LikeLike
Eendag kom dalk gouer as wat jy dink.
LikeLike