Hwange herleef

Ons was sowat drie weke gelede in die Hwange-natuurreservaat in Zimbabwe.Die afgelope paar jare,tydens die krisis in Zimbabwe,het hierdie wonderlike plek heeltemal ten gronde gegaan.Dinge is egter besig om stadig maar seker te verbeter.

Die eens goeie hoofpad in die reservaat,bestaan tans uit flentertjies teer met groot gate daarin,maar is darem redelik rybaar langsaan!Die grondpaaie word geskraap en met ‘n viertrek voertuig is dit heel gangbaar.Daar is nog nie baie besoekers nie,maar heelparty safari maatskappye het nou kampe in die reservaat en hulle kry heelwat buitelandse besoekers.

Ons het in twee kampe oorgebly.Dis klein privaatkampies en jy huur die hele kamp vir jouself plus vriende.Die kampies is “omhein”,sodanig dat oom olifant sommer maklik bo-oor die draad geklim het en ons in die nag op hol gehad het soos hy takke breek bokant ons tent!

By elke kamp is daar ‘n persoon wat die kampie onderhou,vir jou vuurmaak,skottelgoed was en die heel skaflike badkamers skoonhou.Bedags kom die safarigroepe daar verby en mag die kamp se geriewe gebruik en daar piekniek hou,al het jy die kamp gehuur.Dit was gladnie hinderlik nie en ons kon lekker gesels en inligting uitruil met die mense.

Dit was ontsettend droog,maar daar is heelwat watergate wat aan die gang gehou word deur skenkers en vriende van Hwange.Wanneer alles eendag weer heeltemal reg gaan kom,sal net oom Bob en sy tjomme weet. Intussen is daar mense wat onverpoosd werk om dié eens spogwildtuin te bly bewaar!

Bobbie Bobbejaan kom haastig aangehardloop,vir ‘n vinnige slukkie water voordat die son sak!

Die laaste sonstrale skyn deur die stof.

Hierdie olifantkarkas is die harde werklikheid van die lewe..dood is altyd op die drumpel!

Een van die skaarsste boksoorte,wat dit die moeite werd maak om so ver te ry..

die pragtige Swartwitpens! 

Sonsondergang is oral mooi,al is dit dor en droog.

Hopelik gaan hierdie wonderwêreld weer herleef tot sy eertydse glorie.

Advertisements

24 thoughts on “Hwange herleef”

  1. KOmaan asb!!Toe die Wittes in Zim gearriveer het, skaars 100 jaar gelede, was Zim bedek met wilde diere…en kyk vandag??Binne paar jaartjies het die Wittes feitlik alle dierelewe uitgewis, die plaaslike mense verslaaf en die land gestroop…vandag is daar net enkele diere wat oorleef in enkele kampe…wanneer jy borrels blaas, hou asb die feite in gedagte…Zim kom reg juis OMDAT die Wittes die see ingedryf is…dis al…

    Like

  2. Ja,raai wie het die laaste twintig jaar alles in duie laat stort.Lees:teerpad en kampe wat tydens blanke bewind gebou is,is nou flenters en gehawend!Ek wonder hoe dit gebeur het?Fransie gaan kots op ‘n ander plek asseblief!Nog ietsie..die safari-operateurs is blankes en dis hulle wat sorg vir die diesel om die boorgate aan die gang te hou.Newsflash:die blanke safari-operateurs sorg dat die piekniekplekke onderhou word en voorsien selfs die toiletpapier.Hulle is regtig ‘n k@kspul om soveel moeite te doen.Newsflash:The Painted dog projek wat daar aan die gang is,word deur blankes bedryf en deur k@k VSA gefinansier!

    Like

  3. The Kakapo a flightless parrot endemic to New Zealand.It is one of the world’s longest-living birds.. Because of European colonisation the Kakapo was almost wiped out. Conservation efforts began in the 1890s, but they were not very successful until the implementation of the Kakapo Recovery Plan in the 1980s. From millions today only 91 are left…

    Like

  4. Wat het dit hiermee te doen?Ek kan duisende diere opnoem wat deur alle soorte mense wêreldwyd uitgewis is.Met Mugabe se oorname het ‘n helse slagting van wild plaasgevind en ek wonder deur wie!Skoert nou asseblief!

    Like

  5. Punt is…en ongeag hoe jy dit ontken…500 jaar gelede toe die Wit westerlinge voete aan wal gesit het aan Afrika, Suid Amerika, en Asia, was die kontinente gevul met pragtige diere en mense…vandag is daar weinig indien enigiets oor…slegs in Afrika staan ons nog sterk…juis agv vand ei feit dat die Afrikane hand en tand die bose Blankes bly beveg het.,..hoekom skoert jy nie eerder nie>]Jy laaik Afrika duidelik nie…

    Like

  6. Die mesne van Zim mog nooit hul eie kampe besoek nie…hoekom sal hulle hul nou daaraan steur?Dit was nog altyd vir die vetgat en ingeteelte Blankes bedoel…en is steeds so…ek hoor daar is openinge in Siberia ook…reuse Wit Toendras sonner enige swartes…doen aansoek, jy kwalifiseer reeds…

    Like

  7. Fransie,ek weet baie meer van Afrika af as jy.Ek was al in ses verskillende lande,vir lang tydperke en het dit my besigheid gemaak om te leer wat daar aangaan.Nuusflits:Jou Tjaainas is besig om Afrika te oorrompel en hulle staan reeds bekend as die “Briefcase Brigade”want hulle kom met tasse vol omkoopgeld hier aan.In Namibië is reeds meer Sjinese as blankes

    Like

  8. Daar is nog bitter min besoekers,maar dit begin hopelik regkom,namate die ekonomie verbeter.Zim werk nou met Doller en Rand,asook Pula.Hulle geldwaarde was totaal in sy kanon in.

    Like

  9. Die Chinese is nie blatante omkopers soos die westerlinge nie…hulle bou op en breek nie af nie…SA het ten minste 3 Chinese vir elke Blanke nodig..en dit kom…

    Like

  10. Ga!ga!Jy moet die gemorspaaie sien wat hulle in Zambië gebou het..cheap,cheap en na twee jaar val dit uitmekaar,maar die spul wat dit gebou het bly nou maar sommer ook.Lekker ingeburger.Afrika word vir die tweede maal gekolonialiseer en die keer gaan dit erger wees as die eerste keer!

    Like

  11. Ek het niks teen swart mense nie en ek woon baie lekker in Afrika.Ek is net nie blind vir dinge wat verkeerd is nie,maak nie saak wie dit veroorsaak nie.Maar gaan speel nou jou potjie Chinese Checkers klaar en los my uit!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s