Hwange weereens

Ek plaas ‘n paar foto’s van die kampe waar ons gebly het,om ‘n idee te kry hoe dit daar lyk.

Shumbakamp waar ons drie dae gekamp het.Let op hoe lendelam die draad is.Wanneer die hekke toe is,kan ‘n leeu regop onderdeur loop!

Grasafdakkie en piekniektafels waar dagbesoekers kan uitspan.Agter die reuse wurgvy,is die toilette.

Oom Olifant het juis in die nag oor die lae draad geklim en heerlik gesmul aan die vyeboom.

Dit was angswekkend,want ons was bang hy stoot sommer die boom om.Gelukkig het hy na ‘n angsvolle

uur of wat,sy lyf weer oor die draad gelig!

Ons tent met kombuisie en stort agter.Gelukkig was daar ‘n donkie waarin David,

die kampopsigter, vir ons vuur gemaak het.Die stort was heerlik warm.

Ons volgende kampplek was Kennedy 1.Hier is ons reg langs die oulike kombuisie geparkeer.

Die opsigter,Simon, en sy vrou,hou die plek tip-top met die minimum geriewe soos skoonmaakmiddels,

ens.tot hul beskikking.Horingou, deurgewaste,dun handdoeke uit ‘n vervloeë kolonialistiese era,hang silwerskoon

langs die buitelug wasbakke. 

Ngweshla Piekniekplek.Ons het nie hier oornag nie,maar twee keer hier aangery vir middagete.

Die mense wat die kamp gehuur het,was vreeslik beïndruk met die opsigter,Vincent.

Hy het sommer hul klere ook gegryp en gewas sonder dat hulle gevra het!Wat ‘n skatlike omie,

oud al,maar so hardwerkend en hulpvaardig..het ons skottelgoed ook gegryp en gewas!

Die ingang tot Ngweshla.Vincent is baie trots op sy versierings en hark en vee heeldag!

15 Replies to “Hwange weereens”

  1. Ek kamp nie en nog minder daar waar olifante oor drade klim is nie ‘n moontlikheid nie Ek slaap ook nie tussen dooie gebeendere nie! Jou foto’s is pragtig soos gewoonlik

    Like

  2. Dankie Lou!Manlief is afgetree en ons gebruik elke oomblik om weg te gaan en nuwe plekke te verken.Ons deel beide die fotografie-stokperdjie.

    Like

  3. ek sal maar vir Tina geselskap hou!Dis pragtige wĂªreld en ek gee nie om vir die ongerief van kampeerdery nie, dis net min beskerming teen die natuur wat my maag permanent op ‘n knop sal jaag

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĂªreld, vir die wĂªreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĂª:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +