Nuwe kinnerkies

My ander honde is nou al meer as ‘n jaar dood en skielik kry manlief ‘n bevlieging dat ons weer honnegeselskap nodig het!Ek was aanvanklik daarteen gekant,want ons kon enige tyd deure toemaak en gaan waar ons wil.Toe die tweetjies Vrydagaand hier aanland het my hart vermurwe en nou maak mens maar planne om die honde!

Gister het ek hulle te veel gevoer,want met die piepklein skriffie op die hondekossak,het ons met ‘n vergrootglas (let wel!) en ‘n flits,verkeerd gekyk en hopeloos te veel kos gegee.Teen die middag was die kleinste enetjie se maag so dik,dat hy gelyk het soos ‘n Orosmannetjie!Hy kon enige oomblik bars en opstyg.Daai koeldranksuipende omie,wat so gekla het oor die “bottomless”koeldrank wat by die Wimpy ,opgedroog het,sou hier sy moses teekom!

Natuurlik oop en toe veearts toe en met xstrale en ‘n paar honderd rand later (Saterdagfooie..meer as vir ‘n mens se konsultasie!) blyk dit net dat sy pens tjok en blok vol kos is!

Vanoggend is altwee springlewendig en die pense het gesak

Nou ja,so leer mens..al weet jy alles van iets af,is daar maar altyd ruimte vir foute..hierdie een was ‘n duur fout!

Tienkie en Frankie.Die kleintjie agter is Frankie en dis hy wat so ‘n vark van homself gemaak het!Tienkie onder.

 

 

 

Advertisements

6 thoughts on “Nuwe kinnerkies”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s