Lewenspad

 

Frankie

Dis tog interessant om te sien hoe lewe homself herhaal.Toe ek en Manlief getroud is,het ons eers ‘n hond gekry.Al ons liefde en energie is aan hom gegee.Later toe die eerste pienkvoet sy opwagting maak,moes hondekind maar aan die agterspeen suig.Soos die tyd aanstap en nog drie pienkvoete later,is hondekind se gô uit en moes ons hom laat uitsit.

Mettertyd word nog twee diere aangeskaf…vir die kinders natuurlik! Dis ‘n wonderlike leerskool om verantwoordelikheid, respek en liefde vir diere,by ‘n kind te kweek.Na almal uit die huis is,was hierdie hondekinders ook gedaan en weereens is hulle uit hul ouderdomsellende verlos.

‘n Jaar op ons eie en die verlange na nog asempies in die huis,word heeltemal te groot.Ek het alreeds geblog oor die nuwe tweetjies se aankoms.Ons klassifiseer ook nou onder die honnemense wat tot vervelens toe oor hul honne se geite kan praat! Ek konsentreer daarop om dit nie te doen nie,maar die versoeking is maar groot.

Die geskiedenis herhaal homself oral..kinders trou,kry hond,kry pienkvoet,kry leë

Tienkie

nes,kry hond…die sirkel is voltooi!

Advertisements

8 thoughts on “Lewenspad”

  1. Jis maar dis twee lelike gedoentes!

    Dissie honde nie – ‘n hond is ‘n ding soos ‘n doberman of ‘n rifrug of ‘n boerboel – nie ‘n skootkakkerkie nie!

    🙂

    Like

      1. Ek het my eerste een gekry toe ek nog ‘n student was, altesaam 11 van hulle. En 2 Golden Retrievers en ek sal nooit ander honde hê nie hulle is die heel beste!

        Like

    1. @henry
      My dae vir groot woewe is verby.Hierdie twee goedjies sal onder jou vel ook inkruip.Hulle is vrek lelik,maar my oë is deesdae so swak,dat ek dit nie kan sien nie..he,he!

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s