Vanmiddag sit die knapie oop en bloot op ‘n lae tak en ek gebruik my 100 tot 400 lens om hom te skiet. ‘n Rukkie later vlieg hy hoër op en Moedertjie en Vadertjie Janfrederik voer die skrouende geveerte! My nek was amper in ‘n spasma met die sware lens en kop agteroor om doerbo by te kom,maar dis die beste wat ek kon doen:

Dit laat my in pure verwondering 🙂
LikeLike
@monicahaddad
Dankie dat jy ingeloer het!
LikeLike
So ‘n boelie!
LikeLike
@vega
Ag die arme dingetjie is maar net drie wekies oud!
LikeLike
Regte ou bullebak… maar dan as mens/voël wil dom wees…
LikeLike
@tina10
Die arme voëltjies volg ook maar net hulle instink!
LikeLike
Liewe land hy is omtrent ‘n reus en die aangenome ouers sien hom nog steeds as hulle eie. Dis baie interessant – die oorlewing van die spesies.
LikeLike
@adage
Hierdie paartjie het al ‘n hele klomp van hul eie kleintjies grootgemaak.Ek wonder wat dink hulle van hierdie steroïds-knapie!
LikeLike
dis kosbare foto’s!
Die klein swerkater is al dubbel sy pappa se grootte 🙂
LikeLike
@rosiemetdorings
Ja,en hy skreeu heeltyd soos ‘n klein babatjie as hulle naderkom.
LikeLike
Pragtige voëls. Ek verwonder my altyd aan die spesifieke kleure van die vere en hoe elke kleur presies is waar dit moet wees.
LikeLike
@tertiusfourie
Ja en die kamoeflering werk uitstekend!Mens moet mooi kyk en luister om die voëls raak te sien!Dankie vir inloer!
LikeLike
Jitte, maar die ou dingetjie is te oulik ! Pa Jan – Frederik verdink seker vir Ma omdat die kind nie soos hulle lyk nie! 😉
LikeLike
@losbek
Ek sien juis die twee is bietjie haaks oor die reuse baba!
LikeLike
Nice foties!
LikeLike
@henry
Dankie!
LikeLike
Laat my dink aan ‘n lummel van ‘n tienerseun wat heeltyd honger is. Jy’s bevoorreg om dit alles so te kan aanskou.
LikeLike
@sirpsa
Dis ‘n goeie beskrywing.Ja,ek neem steeds elke dag foto’s,want hy boer rond in die blaredak by my kombuis.Ek wonder wanneer gaan hy wegvlieg?
LikeLike