Vandag se foto

Kwaaitjie groei pragtig en ek kry elke dag kans om hom af te neem. Hy maak so ‘n vreeslike geraas,dat mens heeltyd kan hoor waar hy is.Ek het nou opgelet dat sy ouers hom roep.Hulle gaan nie meer na hom toe nie,maar hy moet na hulle toe vlieg as hy kos wil hê! Die gevolg is natuurlik,dat hy al baie sterk begin vlieg en nie heeltyd soos ‘n vet lord op een plek sit en vreet nie!

Hy word mooier en mooier.Waar sy bors nou swart is,sal die volwasse voël ‘n rooi bors ontwikkel.
Advertisements

7 thoughts on “Vandag se foto”

  1. Ek het nooit besef nadat die ‘kuiken’ die nes verlaat kyk die ouers nog steeds na hom nie.. (behalwe vir die hadedas natuurlik want hulle wei hier voor op die gras) – dit maak dit baie duidelik nou vir my hoekom die houtkappers die kleintjie bly voer het nadat hy op die grond geland het.
    Hier het gisteraand ‘n muskeljaatkat (sp) aangekom maar hom sal ek nie kon afneem nie, sjoe maar hy is mooi!

    Like

    1. @adage
      Min mense besef dit,daarom gebeur dit dikwels dat mense klein voëltjies optel en probeer versorg.Intussen is die ouers daar in die omgewing,besig om te voer totdat hy sterk genoeg is.
      Sjoe vir daardie muskejaatkat!Pragtige dier,jammer jy kon hom nie afneem nie.
      Terloops,ek het die boek begin lees en kan dit skaars neersit!

      Like

  2. Aitsa Kyk net hoe mooi. Dis soos die tieners van vandag … soek al die byvoordele en doen self baie min. Mense moenie praat van hulle mossies nie maar eerder van hulle koekoeke noem

    Like

    1. @klarisabet
      Dis nogal ‘n voltydse storie.Ek hardloop heeldag in ons agterplaas rond en wag vir die regte skoot!Dis nou die ene waar die reuse gevogelte gevoer word!Maar daai twee ouers is geweldig skelm en ek het al ‘n seer nek van die swaar kamera!

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s