Mense wat jou pad kruis, deel1

Dwarsdeur mens se lewe kom jy gedurig in aanraking met mense.Dis tog interessant watter invloed dit direk of indirek op ‘n mens maak.Sommige ontmoetings is vlietend,soos die kelner wat jou ete bedien,of die kaartjiesverkoper by die fliek.Andere maak weer ‘n groot impak op jou gemoed en beïnvloed jou jare later nog steeds.

So sit ek vanoggend en dink aan verskeie sulke mense.Ek kry nog steeds die reuk van 7eleven reukwater in my neus,wanneer ek aan my graad een onderwyseres dink.’n Wonderlike vrou,wat my so simpatiek behandel het toe ek die dag ‘n stuk kougom in my pragtige lang lokke ingewoel het.Sonder bohaai,het sy haar bes gedoen om my handjies met sand skoon te vee en met ‘n skêrtjie die verbode kougoed uit my hare te knip..doer eenkant,sodat die ander kinders nie my verleentheid raaksien nie!

Dan was daar die aaklige standerd twee onderwyseres, wat sadistiese genot daaruit geput het om ons op allerhande vreemde maniere te straf..boude in die lug,kop onder die tafel, slaan jou met ‘n stok op die agterent dat jy jou kop teen die tafelrand kap as jy boontoe ruk,arms in die lug vir ‘n uur lank in die hoek van die klas,knypend aan die spier in jou skouer,vernederende aanmerkings..ag ek kan ‘n boek oor hierdie vieslike vrou skryf!

Standerd vier onnie was nie veel beter nie.Sy het ons boeke sommer opgeskeur as die werk nie netjies was nie,byname aan sukkellende kinders gegee soos Pampoentjie,Dreamy Danie (hierdie outjie het die naam gehou totdat ons die dag matriek geskryf het!).Toe dit in 1964 die eerste keer in ‘n leeftyd by ons sneeu,het die ander juffrouens hulle kinders buite toe laat gaan om die wonder van sneeuvlokkies op hul hande te voel.Wat maak ons ou draak? Sy verbied ons om eers deur die venster te kyk.Nodeloos om te sê,die val van vlokkies was van korte duur en nie een van ons het al ooit sneeu gesien nie! Ek is nou nog die donder in vir haar,al is sy lankal lang bome toe!

Standerd vyf onnie,was ‘n riller!Hy het dit sy besigheid gemaak om die meisies se bra’s te skiet en onder die trappe te staan en koekeloer waar hy nie moes nie.Vieslike ou man het my eenkeer in die biblioteek se stoorkamer vasgedruk en my wange bloedrooi geskuur met sy aaklige bokbaard! Ek voel nou nog daardie benoude vasgeklemdheid en asemloosheid wat ek beleef het en ek ruik nog die ou ding se stink asem! Gelukkig was die skrif toe aan die muur vir hierdie ou pervert.My ma was vinnig by die hoof en volgende wat ons hoor,is hy gepos na ‘n eenmanskool! Sjoe,daardie arme kinders…later gehoor hy is daar ook weg en in ‘n adminpos geplaas!Seker toe die TOD-amptenaresse in die gebou rondgejaag!

My volgende standerd vyf onnie,was ‘n juweel en het my vertroue in mans weer effe herstel! Hoera vir hom, want hy het balans gebring in die gemoed van ‘n jong kind,wat niks geweet het van perverte en stout omies nie! In dieselfde jaar het nog ‘n waardige ou heer vir ons Engels gegee en ek dink aan hom terug met die grootste respek.Hy was oud en grys,maar so hoflik teenoor ons.Ons het hom nie genoeg waardeer nie en ons was openlik standerd vyf- en tienerverveeld in sy klas! Ek kry nou nog skaam daaroor,maar miskien was ons te jonk om hom werklik te waardeer.Dis die jare toe ons nog almal elf in standerd vyf was..later die jaar twaalf geword!

Bogenoemde was positiewe en negatiewe ervarings,wat my vandag nog bybly, maar waaruit ek tóg verskeie lewenslesse geleer het!

11 Replies to “Mense wat jou pad kruis, deel1”

  1. Dis nogal waar, mens vergeet soms watse invloed sekere mense op jou lewe het!

    Jou inskrywing het my weer laat onthou. 🙂

    Like

  2. Ons het vir drie maande so ‘n saakse een gehad. vir rekenigkunde.Al oot ‘n groormens ontmoet wat aan die berskywing INFANTIEL voldoen? Sy grootste pret was om vir jou ‘n duimspyker te stel as jy na die kamer verlaat terugkom. Ek het die spul so dopgehou tot die dag wat hy dit met my probeer het. Die volgende oggend val hy soos gewoonlik op sy stoel in die personeelkmer neer net om met ‘n onaardse brul weer orent te vlieg.Raai toe het iemand ‘n naaimasjien naald deur ‘n uitveer gedruk en skerp kant boontoe op sy stoel neergesit. Snaaks genoeg was DIT nie vir hom snaaks nie?? Sy gedrag het egter heelwat verbeter.

    Like

    1. Ongelooflik dat dieselfde grappie na sy kant toe nou nie vir hom snaaks was nie.Ek kry eintlik lekker.Ek onthou dat daar eenkeer ook so ‘n grap met Leon Schuster gemaak is en hy was woedend…ook’n ou wat nie skroom om mense te verneder nie.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +