Vanoggend se veervolkies

Uiteindelik het ek vanoggend die foto gekry,waarvoor ek dae lank soos ‘n papparazzi met ‘n kamera in my agterplaas rondgehardloop het en arme Kwaaitjie en gesin verpes het! Die knapie is nou op bessies en goggas.Met hierdie gemengde diëet behoort hy seker nou gouer te groei.Ek neem waar dat hy self al bietjie begin pik na insekte.

Gister het vir ‘n paar benoude oomblikke gesorg.Ek het gehoor die Janfrederikke gaan verskriklik tekere en Kwaaitjie was doodstil.By nadere ondersoek,sien ek ‘n vieslike grys kat in die boom,waar my geveerde vriendjie altyd sit en skreeu.Ek gaan toe soos ‘n beserker tekere, dat selfs my nuwe klein hondjies verwoed kef en op hul agterpote staan om hierdie vreemde gedierte te aanskou! Katgoed slaan op vlug en ek dink hy is nou al in die Kaap.

Vanoggend ontdek ek nog ‘n kuiken,dié keer ‘n rooiborsduifie.Hy is al reg om te vlieg en buite die nes sit ‘n tweede enetjie ook vluggerreed.

Dit vibreer van die lewe in my tuin.Oral is akkedissies,geitjies,miere en selfs hommelbye en ander insekte.Dis hierdie klein dingetjies wat die lewe mooi maak!

Pappie bring vir Kwaaitjie ‘n lekker sappige oranje bessie!

 

Kwaaitjie sluk amper vir Mammie in!

 

Duifie sit gereed om te vlieg!
Advertisements

12 thoughts on “Vanoggend se veervolkies”

  1. Dis tyd dat hy ‘n bietjie kos vir die ouers bring
    🙂
    Ons het baie voëls in hierdie tuin omdat hier so baie bome is maar het nog nooit Koekoekke gehad nie. Dus waardeer ek jou fotos baie.Hier is ook die Kaapse papegaai (blykbaar skaars) wat die pekanneute kom eet, soms sit hulle op die gras vir so ‘n oomblikkie of twee maar ek is te laat met my kamera. Lieflike geluide!
    Eenkeer was die swembad groen toe het die eendjies hier kom swem maar hulle hou nie baie van blou water nie. En ek het opgemerk die hadedas kan ook in die swembad swem en self uitklim.

    Like

  2. Ag is dit nie mooi nie. Nou is ek tog spyt dat me kamera nie los lense het dat ek hom/haar van ver af kan kiek nie! Jy maak my sommer lus om weer iets te doen. Maandag na die laaste behandeling drink ek ‘n hele pa imodiums(sp?) vir die maag en en ‘n hele pak valiods (sp?) Dan moet jy sien hoe kry ek my tweede asem!

    Like

  3. Geniet nou hierdie storie sommer baie. Daai duifie-lief sal moet vlieg want ek dink nie dit kan te lekker wees om op so bol mis te sit nie 🙂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s