Die binnekant van ‘n taxi

Vanoggend ry ek weer agter ‘n taxi wat so skeef soos ‘n krap loop.Sy voorwiel aan die regterkant steek ‘n goeie banddikte verder as die agterwiel uit.Agter is die deur vol duike en die ruite is gekraak…duidelik reg vir die ashoop!

Ek wou my vererg,maar begin toe dink hoe moet die arme mense voel wat aan die genade van hierdie monsters oorgelaat word?Hulle is met die rug teen die muur,want hulle is uitgelewer aan die grille en giere van die taximeesters!

My huishulp moes gister twee ure lank in ‘n tou staan in gietende reën,want die taxiverenigings het ‘n dispuut oor roetes wat gery word.Daar is nou sommer ‘n “nuwe” taxistaanplek geskep in die oop veld langs woonhuise hier in ons buurt. Ek is seker die huiseienaars gaan dit nie sommer aanvaar nie,want die omgewing lê reeds besaai met rommel en die spul taxis parkeer oral voor die huise in die oop veld.Daar is ‘n taxistaanplek met afdak en geriewe,waar almal altyd heen gegaan het,maar skielik is daar drama.

My huishulp vertel my,dat daar soveel onmin heers,en dat die taxibase geen ander mense toelaat om ook te deel in die vervoerdery nie.Daar is eerder te min taxi’s as wat ander toegelaat word.Nou word hulle smiddae ingeprop en soms is daar tot vier-en -twintig mense per taxi.Blykbaar sit hulle op die vloere tussen ander se voete! Ongelukkig kan die pendelaars nie staak en toi-toi nie,want hul is afhanklik van vervoer en die taxi eienaars weet dit.

Voor jy volgende keer weer kwaad word vir ‘n taxi,dink ‘n oomblik aan die insittendes,wat moontlik in angs en bewing en ook woede,uitgelewer is aan die varkerige bestuurder!

 

Advertisements

7 thoughts on “Die binnekant van ‘n taxi”

  1. Dis baie waar wat jy hier sê – mense is afhanklik van die vervoer en werkgewers is beslis nie toegeeflik as hulle laat kom nie. Toe ek nog skool gehou het het ons die laaste paar jaar twee oulike swart kollegas gehad en het altyd gesukkel saans na ‘n funksie… ons is so gewoond om net in jou kar te klim en te gaan waar jy wil!

    Like

  2. Ja dis rof – en die bestuurder moet perform – hy het ‘n bedrag wat hy elke dag moet betaal – dis deels hoekom hulle so mal ry – om net nog een trippie in te kan kry…

    Like

    1. @kompethenry
      Ja,die bestuurders het ook ‘n saak.Hulle word voorsien van skedonk-doodskiste-op-wiele en soos jy sê,hulle moet perform.Iemand daarbo,het die monopolie en die mag en die binnekant van die taxi ly.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s