In die natuur gaan dit nie soseer oor liefde soos wat ons as mense ervaar nie,maar eerder om oorlewing.Liefde is ‘n emosie wat deel geword het van die menslike psige,soos wat die mens deur eeue ontwikkel het.Dit is waarskynlik ‘n voortsetting van die drang om te oorleef,daarom moet jy jou nageslag koester en beskerm en mettertyd (oor baie eeue heen) het hierdie drang verfyn tot wat ons vandag as liefde ken.
Ek plaas vandag se foto van Kwaaitjie en een van sy sorgsame ouers.Ja,hy is nog steeds hier en word steeds gevoer..’n voorbeeld van ware liefde,toewyding of oorlewingsdrang?

In die natuur is omgee, versorging en toewyding “tweede natuur” vir alle lewende wesens. Mense is ‘n bietjie voorskriftelik en kieskeurig as dit by keuses kom. Onvoorwaardelike liefde (in alle vorme van agape tot caritas) is net ‘n baie klein groepie mense in ‘n mens se binnekring beskore.
LikeLike
@lora2me
Die liefde bly ‘n wonderlike ding en eintlik onbeskryfbaar!
LikeLike
@lora2me Ek glo vas dan onvoorwaardelike liefde net by God moontlik is en ons streef maar net daarna.
LikeLike
hy raak nou al effe van ‘n probleemkind wat nie sy eie vlerke kan sprei nie. 🙂
LikeLike
@rosiemetdorings
Ek sien vanoggend dat hy self goggatjies probeer vang.Hy moet egter nog baie groter en sterker word voordat hy in die herfs die langpad Noorde toe vlieg.
LikeLike
Anna het haar onlangs oor nog ‘n afgeskeepte katjie (sy boetie was al heelwat groter) ontferm. Hier het Skattebol, nou al uitgegroei, die babatjie dadelik as haar eie aanvaar. Sy lek hom skoon en staan gedwee terug van die kosbak om die klein katjie eerste te laat eet. Sy het al glad ‘n muis huistoe gebring as ‘n speelding. Dit wys vir my dat ten minste sommige diere van nature liefdevol en onselfsugtig is.
LikeLike
Dis ‘n pragtige verhaal.Volgens baie fotomateriaal wat deesdae beskikbaar is, gebeur daar baie sulke dinge met diere.Die mens het altyd gedink dat ons die enigste wesens is met emosies en dat diere maar net IS.Ons het so verwaand geraak deur die sg “opdrag” om oor die natuur te “heers”,dat ons vergeet het om respek aan alle lewende spesies te betoon.
LikeLike
Weet jy vir my het die natuur iets wat ons verloor het, onvoorwaardelike aanvaarding. So paar maande terug het iets gebeur wat my nou nog laat wonder. Ons het op die stoep gesit en gesels toe die Jan Frederik wat in die boom gebroei het met ‘n dooie baba in sy bek op die stoepmuurtjie kom sit, daar gebly vir ‘n minuut of twee en weer gevlieg. Dit bly vir my raar en ek sou so graag wou verstaan.
LikeLike
@monicahaddad
Ek dink ons onderskat geheel en al emosies by ander lewende wesens.Vissermanne beweer ook altyd dat die vis niks voel nie.Ek dink dis bog en net ‘n manier van die mens om sy eie wreedheid te sus.Ek is seker elke vis ervaar tenminste die vrees emosie.
LikeLike
Alweer nice fotie!
LikeLike
@kompethenry
Dankie,waardeer!
LikeLike