Min besoekers aan Namibië weet van hierdie interessante roete naby Swakopmund.Plaaslike inwoners en toergidse besoek wel dikwels die area.
Desembermaand het ons die familie uitgeneem op hierdie heerlike daguitstappie.Met ‘n viertrekvoertuig (beslis nodig),genoeg water en hope piekniekkos,het ons vroegoggend uit Swakop vertrek op die pad oos in die rigting van Usakos.Iewers draai mens regs van die pad af en ry dan ‘n hele ent langs die oorblyfsels van ‘n ou treinspoor.Die opvullings,deurgrawings en klipbakens is nog duidelik sigbaar.Dis verstommend dat mense so ‘n spoor met hande-arbeid gebou het.
Onderstaande foto’s wys duidelik die uitgrawing en die opvulling van die ou spoor.
Die omgewing is hier taamlik plat met interessante woestynplante en koppies.Soos mens egter verder ry,begin die pad heelwat daal en bevind mens jou binnekort tussen geweldige rotskranse in die rivierbedding van die Houtrivier.Dis droog en geweldig warm in die somer en die beste is om maar vroeg te begin.(Vervolg)
Dis regtig ‘n plek wat ek graag sal besoek eendag. Hy is op my lysie!
LikeLike
@cbl1979
Wonderlike land,baie droog en grys en hard,maar dis ‘n skoonheid wat ek kan waardeer!
LikeLike
@perdebytjie
Sjoe, ek wil dit so graag sien! Klink wonderlik.
LikeLike
Ek hou van verlatenheid, maar die is darem vir my te erg.
LikeLike
@tina10
Dis salig om vir ‘n dag lank niemand te sien nie!
LikeLike
Nice!
Mens moet die mense respekteer wat daai PT gedoen het innie warm son…
LikeLike
@kompethenry
Ons ou voorvaders was ‘n taai klomp!
LikeLike
Yip!
LikeLike
As ek sulke foto’s sien dan laat dit my dink aan skedels, miskien is dit die assosiasie wat my afskrik sodat ek nie die skoonheid kan raaksien nie?
LikeLike
@adage
Jou assosiasie is sekerlik nie ongewoon nie,want so ‘n ongenaakbare wêreld kan nogal met skedels besaai lê!
LikeLike