Nog steeds hier!

Kwaaitjie Koekoek is nog steeds hier.Hy skreeu heeldag in die blaredak by ons kombuis.Die Janfrederikke se stertvere hang,so moeg is hulle.Ek sien hulle probeer hom nou wys hoe om sy eie kos te vind.Hulle sit bokant die vrugtetafel waar ek soms vir die voëls lekkernye uitsit.Hulle roep en roep en smeek,maar hy sit net stil en skreeu.

Dit sal volgende week twee maande wees,sedert ek die gevooltetjie begin afneem het.Volgens al my voëlgeskrifte moet hy ten minste volgende week “gespeen” of is dit nou “geveer”? wees.Ek het seker al tweehonderd foto’s van hom..neem elke dag ‘n paar.Hy het al verskeie storms oorleef,die wrede buurkat ontwyk en verskeie lawaaierige prosedures soos grassnyery, brullende motorfietse en skreeuende motorbande gewoond geraak.

Ek kan taamlik naby aan hom kom,maar sy “ouers”is steeds vreeslik sku en versigtig..asof dit help,want hy is so groot en skreeu so hard,dat die hele buurt weet waar hy is! Ek weet net ek gaan hom vreeslik mis as hy vertrek.

Ek sal probeer om ‘n foto te plaas,maar as dit nie werk nie,moet julle maar terugkyk op my vorige blogs.

Dit werk toe nou NIE!!

 

13 Replies to “Nog steeds hier!”

  1. Die klein houtkappertjies hier maak my sommer nou al senuweeagtig want laas keer is ‘n kleintjie mos dood. Maar ek dink ek hoor iets in die nes, miskien moet jou Janfrederikies kom handjie bysit.
    As Kwaaitjie my menskind was het hy ‘n lekker oorveeg gekry
    🙂

    Like

    1. @tina10
      Ek het nou maar ‘n nuwe blog begin en hoop hy is nie so gou vol nie.Waar kry ek Petronell se raad?Dankie ek sal kyk op die link wat jy gestuur het

      Like

      1. Ek sukkel met my rekenaar. Ek sal more vir jou haar blog soek Dis moontlik om te spaar en jou foto’s op ‘n ander plek te bêre en dan hier te plak. Ek het dit met FB reggekry maar wil nie my goed op FB stoor nie

        Like

  2. Die klein opportunistiese gevoolte! Met jou foto’s sal jy kan sien hoe vinnig die klein goedjies groei. Hier was ‘n verdwaalde babaduif in my tuin wat so drie dae lank rondgehang het en nie kon vlieg nie en toe, skielik, het hy sommer langer vlerke. Dis ongelooflik.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +