Kwaaitjie Koekoek is nog steeds hier.Hy skreeu heeldag in die blaredak by ons kombuis.Die Janfrederikke se stertvere hang,so moeg is hulle.Ek sien hulle probeer hom nou wys hoe om sy eie kos te vind.Hulle sit bokant die vrugtetafel waar ek soms vir die voëls lekkernye uitsit.Hulle roep en roep en smeek,maar hy sit net stil en skreeu.
Dit sal volgende week twee maande wees,sedert ek die gevooltetjie begin afneem het.Volgens al my voëlgeskrifte moet hy ten minste volgende week “gespeen” of is dit nou “geveer”? wees.Ek het seker al tweehonderd foto’s van hom..neem elke dag ‘n paar.Hy het al verskeie storms oorleef,die wrede buurkat ontwyk en verskeie lawaaierige prosedures soos grassnyery, brullende motorfietse en skreeuende motorbande gewoond geraak.
Ek kan taamlik naby aan hom kom,maar sy “ouers”is steeds vreeslik sku en versigtig..asof dit help,want hy is so groot en skreeu so hard,dat die hele buurt weet waar hy is! Ek weet net ek gaan hom vreeslik mis as hy vertrek.
Ek sal probeer om ‘n foto te plaas,maar as dit nie werk nie,moet julle maar terugkyk op my vorige blogs.
Dit werk toe nou NIE!!
Die klein houtkappertjies hier maak my sommer nou al senuweeagtig want laas keer is ‘n kleintjie mos dood. Maar ek dink ek hoor iets in die nes, miskien moet jou Janfrederikies kom handjie bysit.
As Kwaaitjie my menskind was het hy ‘n lekker oorveeg gekry
🙂
LikeLike
@adage
Hou moed,een van die dae gaan hulle daar uitkruip!
LikeLike
Ek sou dink dat hy al self moes begin pik-pik het.
LikeLike
@rosiemetdorings
Ek het hom nog nie veel vir homself gesien doen nie!
LikeLike
Is jou blog vol?
Kyk bietjie of Pertonell se raad werk.
Jy moet bietjie hier gaan kyk as jy ‘n tydjie het. http://fotoskool.co.za/
LikeLike
@tina10
Ek het nou maar ‘n nuwe blog begin en hoop hy is nie so gou vol nie.Waar kry ek Petronell se raad?Dankie ek sal kyk op die link wat jy gestuur het
LikeLike
Ek sukkel met my rekenaar. Ek sal more vir jou haar blog soek Dis moontlik om te spaar en jou foto’s op ‘n ander plek te bêre en dan hier te plak. Ek het dit met FB reggekry maar wil nie my goed op FB stoor nie
LikeLike
Net hello se:)
LikeLike
Die klein opportunistiese gevoolte! Met jou foto’s sal jy kan sien hoe vinnig die klein goedjies groei. Hier was ‘n verdwaalde babaduif in my tuin wat so drie dae lank rondgehang het en nie kon vlieg nie en toe, skielik, het hy sommer langer vlerke. Dis ongelooflik.
LikeLike
@lora2me
Ek het vanaf 5Januarie elke dag ‘n foto geneem en dit was ‘n wonderlike belewenis om hom te sien groei en die interaksie dop te hou!
LikeLike
Het verlede jaar dieselfde koekoek gehad maar met vink ouers. Mensig maar hy het hulle besig gehou.
LikeLike
Aag dis nou jammer dat jy nie nog ‘n foto geplaas kry nie. Sou graag die nuutste wou sien.
LikeLike
@sirpsa
Ek het nou ‘n nuwe blog begin..sommer vies vir die gesukkel.Sal probeer om nuutste foto daar te plaas.
LikeLike