Besondere oggend

Saterdagoggend was ek heerlik verras.My huishulp het my Vrydag gevra om haar gou Saterdag met ietsie by haar huis te kom help.Daar aangekom,sit sy en haar vier kinders met blink oë en uitgevat in hul sitkamer.Die klein eetkamertafeltjie in die hoek,is netjies gedek met teekoppies en heerlike eetgoed en ek word soos ‘n koningin verwelkom.

Liewe Leitjie trek los en bedank my omdat ek volgens haar so goed is vir haar en haar gesin.My oë was vol trane,want mens help maar net waar jy kan en besef nie altyd wat dit vir mense beteken nie.Ek was veral geskud,toe sy sê dat ek en manlief van die min mense is wat haar soos ‘n mens laat voel.Dit was nogal skokkend en ‘n aanklag teen baie van ons.

Nadat foto’s geneem is en die jongste enetjie vir my ‘n hele Engelse kinderboek vlot deurgelees het,is ek nog verder bederf met ‘n bos blomme en ‘n dankie-sê kaartjie in Afrikaans!Dit was so ‘n heerlike oggend en ‘n uur en ‘n half later is ek daar weg met ‘n lied in my hart.

Hierdie vrou,wat vier jaar gelede een keer ‘n maand haar kinders in die “tuisland”gaan sien het,het nou ‘n volwaardige warm gesinstruktuur opgebou.Ek het haar aangemoedig om die kinders te gaan haal en hulle by haar te hou.So deur die huiswerkies deur het ek haar sommer ouerleiding gegee en doen dit vandag nog steeds.Dis vir my wonderlik om te sien hoe hierdie gesinnetjie uiteindelik gejel het en deur dik en dun by mekaar staan!

Ons besef nie altyd watter sosiale skade aan gesinstrukture gemaak is deur ‘n stelsel wat families uitmekaar geskeur het nie.Al is die vader in hierdie geval totaal afwesig,kan hierdie vrou haar kop hoog hou en haar kinders leer om respek te hê vir andere en om mekaar te ondersteun.

Dankie Leah,jy is een van die beste mense wat nog ooit my pad gekruis het!

 

Advertisements

12 thoughts on “Besondere oggend”

    1. @sirpsa
      Al bestaan die gesin net uit ‘n ma en kinders(wat die meeste van die tyd die geval is)is dit reeds ‘n wenresep vir meer gebalanseerde mense.Ongelukkig pas oumas en werklose sussies op ver plekke die kinders op en hulle word soos kakiebosse groot.Dis allesbehalwe ideaal

      Like

  1. @losbek
    Ek preek gereeld vir haar om betrokke te wees by haar kinders se skooldinge.Aanvanklik was sy verbaas daaroor dat ‘n ouer dit moet doen,maar met baie verduidelikings het sy nou besef dis hoe jy in jou kinders se toekoms belê.Ek dink dis nie ‘n baie bekende terrein vir hierdie ontgogelde geslag nie.

    Like

  2. Wonderlik Elke druppel help vir die bou van ‘n beter geslag. My huishulp is ook spesiaal maar haar ondersteunings raamwerk is baie beter… ek haal my hoed af vir sulke mense wat hulle kant bring.

    Like

  3. Wat ‘n besondere ervaring. Dis ‘n pragtige inskrywing hierdie, beautiful. Menswaardigheid is so ongelooflik belangrik en sommer namens almal wat so misgekyk word wil ek saam met hulle vir jou dankie sê vir die verskil wat jy in jou wêreld maak XX

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s