Die tyd word min

Nog net ‘n week,dan breek die groot dag aan.My jongste gaan trou en alles wat gedoen moes word,is gedoen.Nou is dit net naels byt en hoop vir die beste.

Onwillekeurig dink ek terug aan my eie troudag.Dit was nog in die dae waar jou ouers alles gereël en betaal het en jy rustig of onrustig alles aanvaar het.Daar was nie allerhande simpel goed soos: “wedding planners,venues,repititions,bridesmaids, bestmen,trial menu’s ens.nie! Ek skryf dit aspris in Engels,want dit is die terminologie wat met hierdie moderne feestelikhede saamgaan.

Ek kan net my kop skud oor al die gekkigheid wat uitgedink word.Daar is selfs “Wedding Expo’s” met allerhande dinge wat daar uitgestal word.Daar is juis die naweek een in die Dome in Roodepoort.Ek gaan uit beginsel nie na sulke goed nie,want allerhande behoeftes word by die maklik verleibare en misleibare publiek geskep.Dis hoe dit werk..jy dink naderhand iets moet so en so geskied,anders dink mense jy bly agter ‘n klip!

Dis naels,hare en grimering en spesiale pakette vir moeder en bruid….R30000…alles ingesluit! .Dankie,maar nee dankie,ek doen my eie hare op my gewone manier en niemand plak dik lae grimering op my gesig nie.Ek doen niks aan myself wat ek nie gewoonlik sou doen nie en ek gebruik liewer daardie verskriklike klomp geld vir iets noodsaakliks! Dan is daar nog “trial menu’s”waar jy teen duisend rand ‘n kop,die kos kan proe!Dis net absoluut verspot hoe gek alles raak en die geld wat gemaak word beloop duisende rande.Dis ongelooflik dat daar steeds mense is,wat daarvoor val.

Hoe dit ookal sy,ons het alles so eenvoudig as moontlik probeer hou,maar dis ook by ‘n “venue”.(aaklige woord,waarvoor ek my vreeslik vererg).Ons hoop nou maar daar is nie wurms in die kos nie en dat die weer hou en dat my haartjies nie te plat op my kop vasplak,wanneer ek ‘n warm gloed kry nie! Gelukkig is dit die bruid se dag en ek sal maar net terugsink in herinnering aan my eie troudag…raai maar self hoeveel jaar gelede!

Advertisements

16 thoughts on “Die tyd word min”

  1. Ek is seker jy’s self die beste wedding planner ooit en dat jou appeltjie nie ver van die boom geval het nie, en haarself ook laat geld het. Sterkte.

    Like

  2. ek is bly om te sien dat ek nie die enigste ene is wat baie sterk teen hierdie verkwisting van geld is!
    My vriendin het sommer gou my hare kom “blow dry” so uur voor ons troue.
    Verder het my ma ingestaan en self gebak en gebrou en bestel – selfs nog meer gereël as ek sou wou, maar sy’t dit geniet

    geniet jou kind se spesiale dag.

    Like

  3. As ek dit nie mis het nie, trou Vega se kind vandag. Ek hoop van harte dat julle ons alles gaan vertel! Geniet dit, ‘n troue is kosbaar.

    Like

  4. Ja, ons soek daardie foto`s. Sterkte, my kinders het ook, moes maar, alles self reël en ek dink dat hulle dit baie goed gedoen het. Julle gaan dit geniet en na alles verby is, julle skoene uitskop en moeg sê, dít was nou lekker.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s