Wonderlike naweek

Uiteindelik het die groot dag toe Saterdag aangebreek!

Ek het vroegoggend vir Bruidjie by die haarkapper gaan aflaai en manlief moes worstel met sy tante en niggie wat van Bloemfontein af gekom het…hulle geneem vir ontbyt en heeltyd geselskap gehou.Ek het my totaal onttrek van alle familieverpligtinge en net op Bruidjie gekonsentreer.Dit was ons oggend en ons ander meisiekind wat amper twee jaar in Moskou woon,was ook hier.Saam is ons drie toe in ‘n helse storm hier uit Benoni,Pretoria toe.Bruidjie se senuwees was klaar,want sy het juis ‘n Apriltroue gereel om in ‘n pragtige tuin te trou.

Dit het mooipraat en paai gekos om haar te kalmeer en positief te hou…twakstories van geseënde huwelike wat in kwaai reën plaasvind het haar nie juis laat beter voel nie! Aangekom by haar mooi tuin,was die weer darem minder dreigend,maar dik wolke het bly saampak.Teen twaalfuur moes ons besluit of dit binne of buite moet wees en BUITE het die oorhand gekry,na vele foonoproepe tussen Bruidjie en aanstaande manlief en nare ou skoonma (dis nou ekke) se onwelkome raad om dit maar binne te hou.

Dit was die regte roep,want teen vieruur was dit pragtig oopgetrek en onder lieflike blou lug en met die son wat deur die herfsblare loer,kon die seremonie begin.Bokant ons koppe het duiwe gekoer en daar was selfs wilde parkiete in die blaredak,wat saam gekwetter het om die atmosfeer verder besonders te maak.

Ek en manlief het ons meisiekind weerskante ingehaak en saam die paadjie afgestap en haar aan ons nuwe seun oorhandig.Die oumas en ouer tantes het blykbaar tissues volgehuil,omdat dit so aandoenlik was.Ek moes self konsentreer om nie in trane uit te bars nie!Wat dit verder besonders gemaak het,is dat ‘n vriendin van Bruidjie die seremonie waargeneem het.Dit was nou werklik besonders om na hierdie mooi jong dame se pragtige boodskap te  luister!

Die onthaal,die kos,die blomme,die geselskap…alles was net perfek.Ons kinders het dit ontsettend geniet en ek het ‘n pragtige seun bygekry.Ek wens net seun se ouers kon hierdie wonderlike dag saam met ons beleef en sien hoe gelukkig hul pragkind was!

 

Advertisements

24 thoughts on “Wonderlike naweek”

  1. Baie geluk Ek is bly alles het goed en mooi afgeloop

    *fluister* nie ‘n woordjie van die haartjies laat my aanneem dat jy ook pragtig gelyk het

    Like

  2. Sjoe ek is bly die weer het saamgespeel. Die lug is altyd so helderskoon en mooi na ‘n donderstorm. Het aan julle gedink Saterdag en is bly alles was perfek.

    Like

    1. @cbl1979-Baie dankie.Ek sal foto’s plaas,maar soos ek vir monica getik het,ek het vergeet om haar af te neem in haar rok!Kan mens dit oorvertel?

      Like

    1. @monicahaddad-Jy sal nie glo nie,ek het foto’s geneem van die rok,skoene,juwele,grimeerproses,vriendinne wat strooimeisies was,maar nie ‘n enkele foto van haar met die rok aan nie!Julle sal maar moet wag vir die fotograaf se foto’s!Ek was redelik deur die mis.

      Like

    1. @rosiemetdorings-Sy pa is oorlede in ‘n motorongeluk toe hy sewe jaar oud was.Sy ma is oorlede aan kanker toe hy in sy eerste jaar was.Die arme kind het baie swaar gekry,maar nou gaan ons probeer om vir hom soos ouers te wees.

      Like

  3. Ek’s so bly die weer het saamgespeel. En ja, ek kan goed verstaan dat jy ‘redelik deur die mis’ was. Die romantiek van ‘n troue maak maar so met ons.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s