Besondere ervaring

Ek het vir twee weke van die radarskerms af verdwyn.Die rede hiervoor,was ‘n skielike besoek aan my dogter in Moskou.Dit was ‘n wonderlike ervaring en baie van my persepsies oor die “agterlike Russe” het in die stof gebyt!Ek het groot geword in die tyd van Kommunisme en Rooi Gevaar en nooit gedink dat ek my voete op daardie einste Rooiplein sou sit,waar Stalin op 1Mei jaarliks,met aansienlike fanfare die magtige Russiese weermag ten toon gestel hetย nie!

Nog meer ironies,is dat ek toevallig op 1Mei daar was en dat die eintlike feesvieringe op 9Mei plaasgevind het en bekend staan as Oorwinningsdag.Ek het ook langs die straat gestaan en die verbyvlug van besondere vliegtuie en die parade van magtige wapentuigย  gadegeslaan!Ek het soveel gemengde gevoelens gehad en was weereens verstom hoe vining die geskiedenis kan verander.

Drie-en-twintig jaar gelede het Kommunisme geval en die ontwaking van ‘n moderne Russiese staat is oral sigbaar.In my volgende blogs sal ek bietjie meer vertel en foto’s plaas.

Advertisements

25 thoughts on “Besondere ervaring”

  1. Sorry sorry sorry!!! Ek het vergeet jy het reeds foto’s van die stunning troue en die pienk kouse geplaas!!! Hiehie, kan sien die dag moet nou einde kry!

    Like

  2. Ek hoop daar is baie, baie fotoยดs. Die ongeluk van sulke dinge is dat die tyd vinniger as normaal vlieg en mens het skaars aangeland, dan is die tyd om.

    Like

  3. Wonderlik! Kon jy bietjie reis? Ons het ‘n vriend wat in Moskou bly, Alexander Zaichenko, wil SO GRAAG gaan kuier. Maar dan moet mens St Petersburg toe gaan. Vriende van ons het dit per boot gedoen, blykbaar fantasties.

    Like

    1. @vega ja,ons was st Petersburg toe ook,met ‘n sneltrein wat 200kmpu ry.Ons het nie genoeg tyd en natuurlik geld gehad om in die rivier soontoe te vaar nie.Dis ‘n pragtige stad en ons het die hele plek te voet deurkruis!

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s