Perdeby is die bliksem in!

Manlief bel my gisteraand laat van Dullstroom af,waar hy en ‘n kollega sou oornag.Gisteroggend het hulle ‘n myn in Rustenburg besoek en vandag sou hulle na nog twee ander myne gaan.Hulle het blykbaar iewers aandete geëet en toe hulle by die motor terugkom,is manlief se tas gesteel!

Daar is nie ingebreek nie. Nee,hulle was slagoffers van die skelm truuk wat nou al ‘n ruk lank ingespan word.Jy dink jy sluit jou motor,maar ta staan op ‘n afstand en de-aktiveer jou sluitsisteem met ‘n ander elektroniese aktiveerder..sommer net ‘n doodgewone hek- of garagedeuroopmaker! Dan maak ta die motor oop en verkas liefies waarmee hy wil!

Ek het self manlief se tas gepak (doen dit nie gewoonlik nie,hoor..maar hy was effe laat).Die verlies..twee splinternuwe onderbroeke,twee pragtige strepieshemde,sy toiletsakkie met alles in,denimbroek en kouse,sy Kindle en ergste..sy I-pad waarvoor hy so lank gespaar het!

Die aakligste is dat een of ander BLIXXXEMMM nou toegang het tot sy persoonlike foto’s,e-pos en alles wat mens op ‘n I-Pad het.Vandag moes manlief natuurlik ook met gister se klere en ongeborselde tande sy kliënte gaan sien!

Verskoon dat Perdeby so vloek,maar ek hoop die dr&& kry ‘n M@#%se kramp iewers!!

Advertisements

17 thoughts on “Perdeby is die bliksem in!”

    1. @vega Jong ek weet nie,maar ons het al sy inligting laat blok.Dis ‘n moeilike storie,maar gelukkig kon my skoonseun dit doen,want rekenaars is sy werk.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s