Ek kners al heelweek op my tande….

want ons lekker stil woonbuurt is van Maandag af in ‘n quadbike- cum veldmotorfietsrenbaan omskep.Jip, die twee tiener snotape oorkant ons,jaag heeldag in hulle voortuin (wat oor is na hulle klaar is) met ‘n quadbike en motorfiets al in die rondte,al in die rondte,al in die rondte…ugh,my kop het ook nou vasgeslaan by “al in die rondte”.Die gaswalms maak my ook effe dronk en hier waar ek in my sitkamer sit,is ek besig om op ‘n goedkoop “trip” te gaan.

Tot dusver was ek redelik verdraagsaam en het maar daagliks winkels toe en ander plekke heen gevlug,want die arme bloedjies moet ook hul vakansie geniet.Toe ek egter vanmiddag van die haarkapper af kom, is daar ‘n reuse vuur in die middel van die grasperk en klapperknalle skiet woes uit die rook uit.Ek wou strip,maar byt en kou weer saggies my polse…sien darem later die knape het die vuur geblus.

So ‘n halfuur gelede konk my geduld totaal in en ek storm buitentoe.Snotaap ry in sirkels om en om en om…hier gaat ek alweer..my verstand is definitief aangetas!Ek steek my arms deur ons ysterhektralies,waai my uitsteeksels soos ‘n Hollandse windmeul se wieke rond,gil en skreeu soos ‘n maer vark,laat al die hadidas verskrik krysend en blertsend opstyg en beduie vir daardie knaap waar Dawid die wortels begrawe het! Die mannetjie maak eers of hy my nie sien nie,maar my vlymskerp gille skeur bo die motorfiets se geraas uit.Sonder ‘n woord of teenstand,sit hy die fiets af en verdwyn in sy huis in.Sjoe,al my geraas en so min weerstand..die wind is skoon uit my windmeul uit!

Uit pure irritasie vreet ek toe sommer ‘n hele pak Romany Creams op!

Advertisements

10 thoughts on “Ek kners al heelweek op my tande….”

  1. Ons bly op ‘n plot met ‘n grondpad wat voor die huis verbyloop. So vir die kaksels is dit groot pret om verby te jag tot by die teerpad en dan weer om te draai en terug. Ek het eendag een met so halwe baksteen geklits toe is die pret ook verby vir hom.

    Like

  2. ons het oop veld oorkan ons huis gehad waar ons tot so 4-5 jaar gelede gebly het. die bleddie kinders het my net so geirriteer net die veldfietse en quads!!!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s