Badtyd

Al ooit gewonder hoekom oumense en kinders nie wil bad nie?By kinders dink ek dis bloot ‘n geval van hardkoppigheid en eie wil ,wat ‘n rol speel.

By oumense is dit egter ‘n ander storie.As die persoon in ‘n versorgingseenheid lΓͺ,is die gevoel van waardigheid daarmee heen,elke keer wanneer iemand anders jou moet was of bad.Daardie selfbeheer oor die mens se intiemste ritueel,is nou skielik oop en bloot vir wie ookal daardie dag die funksie moet verrig.

Elke mens,of hy nou van water hou of nie,of hy slordig of netjies is,arm of ryk,volg ‘n roetine van reiniging.Dis ‘n vereiste vir goeie naasbestaan,want wie van ons het nie al weggedeins,wanneer daar so ‘n klankie aan iemand kleef nie?

Voor ek nou ‘n spul twak kwytraak,wat almal in elk geval weet,net die volgende statistiek…ek het in my lewe sover ten minste 21900 keer gebad of gestort,43800 keer tande geborsel.Suggg….geen wonder oumense raak moeg vir bad nie!

Ek het dalk onbewustelik my ouderdom weggegee.

Advertisements

17 thoughts on “Badtyd”

  1. Ek kan eenvoudig nie in die aand slaap as ek nie bad nie en ek moet in die oggend ook bad, anders voel ek die heeldag “taai” en ongemaklik. Ek is baie lief vir bad, minder lief vir stort, veral in die winter. Ek sontspan in die bad – maar die water moet asb WARM wees!

    Like

  2. ek stort in die laaste tyd maar toe ek nog in en uit die bad kon kom het ek dit te heerlik geniet… gelees, geswot en heerlik gedroom! (o ja en darem gewas ook!)

    Like

    1. ek het ook nie besef nie. Nou ja toe, ek gaan geen syfers op my blogs sit nie… ek het hierdie manier om meer te sΓͺ as wat ek wou, selfs al probeer ek ‘n wit papier laai.

      Like

  3. My skoonma wat al baie hjare by ouetehuise werk, vertel ook dat mense met alsheimers, bad ten alle koste vermei. Ek stem egter saam, om nie jouself te kan skoonmaak nie moet een helse druk op enige mens sit.

    Like

  4. niks so lekker soos ‘n lekker bad/stort nie, Dis net die laaste tyd asof my vel dit nie regtig meer wil hanteer nie en die rome na die tyd nog dikker aangesmeer moet word.

    Oor jou ouderdom : wonder ekke nou of jy met tande gebore is? πŸ˜€

    Like

  5. ***maar wat jy sΓͺ is nogal ‘n gedagte nΓͺ. Die rede waarom ouer persone bv nie graag wil bad nie, diegene onder versorging. Dit laat mens dink.

    Die lewe sug … dis so bittersoet. Daardie vuil is seker nie vuil nie.

    Nee ek gaan nie vir jou vertel ongeveer hoeveel keer ek al in my lewe gebad of gestort het nie hahah. Maar ek sal vir jou vertel hoe oud ek is.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s