Uiteindelik is ek terug op die virtuele plein!Ek lei aan totale breinverswakking,onttrekkingssimptome,polskouende neigings en alle soorte disfunksies wat saamgaan met ‘n gebrek aan internet.Drie weke,ja ‘n volle drie weke,was ons sonder telefoon en internet!Die oorsaak…reggerraai..regstellende koperdraad inkopies!
Ek gaan niks verder hieroor sê nie,behalwe dat ek skielik besef het ek is net so verknog aan my virtuele vriende en al die boggies waarmee die mens met sy gekonnekteerdheid homself vasgeknoop het.Ek beskou myself nie as erg nie,maar ‘n groot stukkie FOMO (Fear Of Missing Out) het na twee weke skielik ingeskop en my gesondheid ‘n virtuele knou gegee.
Nouja,ek is terug en het nou baie opvangwerk!