Gemengde gevoelens

Julle,ek word Donderdag vir die eerste keer ‘n ouma.Ek weet nie of ek moet lag of huil nie.Lag van blydskap,of huil,omdat ek besef daar is onherroeplik ‘n deel van my eie lewe verby!Ek wil nie oud wees nie….die ouma-titel,laat my kop spin en iets insink,waarvan ek glad nie hou nie!

Julle wat al die paadjie geloop het,miskien weet julle waarvan ek praat.Wanneer ek die bondeltjie in my arms hou,sal die legkaartstukkies van my skielike depressie,lag,huil,hartseer,blydskap,angs,vertwyfeling en sommer baie vreemde,onbekende,onnoembare emosies,dalkies inmekaar pas?

Sjoe,ek hoop so,want ek voel half abnormaal…..abnorMAL!

Advertisements

34 thoughts on “Gemengde gevoelens”

  1. Wyse woorde van @adage Ek dink jy gaan jouself na die tyd skop oor jy so abnorMAL voel. Onthou dis nie almal beskore nie en ons voel maar almal sommige dae oud.

    Baie geluk!

    Like

  2. Ouma-wees is een stuk allesoorweldigende vreugde – jy sal sien. En nou het jy ‘n alibi om weer heerlik te kan speel! Laat tog weet hoe dit gaan en hoe jy voel.

    Like

    1. @frandr Ek is sommer verspot.Te veel dinge het hierdie jaar gebeur en skielik is hierdie dag op ons,voordat ek regtig daaroor kon nadink.Dis dalk hoekom ek so omge-ellie voel!Eintlik sien ek baie uit daarna.My mymeringe klink soos die van iemand wat gerook is..eish!!

      Like

  3. Nie in my wildste drome het ek ooit gedink dis hoe dit gaan wees om Ouma te wees nie. Ek was nie gereed vir die titel nie, ek tel nooit babatjies op en koer vir hulle nie. Maar laat ek vir jou vertel, jy ontdek ‘n reservoir van liefde in jou hart wat jy nie geweet het bestaan nie. Jy kan jou nie voorstel dat daar nog soveel plek in jou hart vir nog ‘n mens kan wees nie. Geniet die nuwe fase van jou lewe. (Mens se eertse kleinkind is veral spesiaal.)

    Like

  4. Ek was plein BANG! Bang dat die ma dit nie sal kan hanteer nie, en bang dat ek my eie vrytyd sal moet opoffer vir kindoppas. Bang sommer vir skool en take en matriekafskeid, universiteit, troues….sien jy? Bang vir als! Dalk net bang oor dit so ‘n groot verantwoordelikheid is om ‘n kind groot te maak.

    Nou vreet ek klein Ezra (amper 4) sommer lewendig op! Kan nie glo dat ek iemand so life kan hê nie! Jy sal sien. xxx

    Like

    1. louiseroothman@hotmail.com Ek het altyd jou stories oor Ezra gevolg.Dankie vir die moed inpraat.Dis seker ook maar al die emosies wat ek beleef..jammer vir my dogter,bang sy kom nie die mas op nie,al die bangheid oor alles..skoon onnodig!Blog jy nog hier iewers?Ek het jou so lanklaas gelees.

      Like

  5. daar is nog nie so iets vir my op die horison nie. 😛
    ek het gemengde gevoelens om ander rede – geniet die meer sorgvrye tyd met kinders groot en uit die hande

    Like

  6. Aan die een kant sal ek bitter graag ‘n kleinkind wil hê maar aan die ander kant is dit soos Bi-vocals en die woord tannie ens, wat ek vermy soos die pes want soos jy sê dit sit mens in ‘n “klas” Maar ek weet jy gaan smelt met ‘n groot glimlag binne in daai “klas” in, soos ek ook waarskynlik sal 🙂

    Like

  7. Van my jeugvriende wat in hulle 40 is het verlede week ook Ouma en Oupa geword. Ek sukkel nogal om my kop om daai een te kry. Ek soek nog my pot en sou graag self ‘n bondeltjie wou hê en hulle trek al by die Groot Ouer perk.

    Wat ek wel vir jou kan sê is dit verander jou totaal en al. My ma sê altyd dit is die vinnigste wat ‘n mens in ‘n Clown verander. Ouma en oupa sal enige iets doen vir daai bondeltjie. My pa het tot 5x een naweek Shrek gekyk. Hy doen net nie sulke goed nie.

    Ek dink soms is die Groot ouers erger oor die kleintjies as oor hulle eie kinders. Geniet dit en doen wat vir jou gemakilk wees.

    Like

    1. @retha73 Dis jonk om op veertig ouma en oupa te wees,maar dink net hoe lekker lank gaan hulle fiks en gesond wees saam met hul kleinkinders!
      Almal se mens geniet hulle baie meer as jou eie kinders.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s