Help,Help,Help!

Ai tog julle,ek sukkel vreeslik om reg te kom.My fotospasie is alweer vol en Tina het voorgestel ek vee van my foto’s uit.Hoe doen ek dit?Ek het nie ‘n idee nie.

Verder het Henry voorgestel ek gebruik Photobucket.Ek het nou ‘n klomp goed daar gelaai,maar het nie die vaagste benul hoe ek dit op my blog kan kry nie!Dis regtig blote tegnologiese gestremdheid en ek wil al skreeu van frustrasie!

Advertisements

19 thoughts on “Help,Help,Help!”

  1. Stuur asb die inligting aan as jy dit gekry het. Ek weet nie hoeveel beskikbare spasie ek nog het nie, maar sal ook nie weet wat om te doen as ek my beskikbare ruimte totaal benut het nie.
    Ek kon nie eers lekker uitmaak hoe werk Photobucket nie

    Like

  2. Gaan na die paneelbord, kliek op Media en selekteer al die fotos wat jy wil delete. Delete permanently.
    Dit is nie vir my ‘n regverdige opsie nie, want soveel gaan verlore….@perdebytjie
    Ek hoop regtig ‘n bright spark het ‘n ander uitweg vir ons want ek het ook al 30% spasie gebruik.

    Like

      1. @perdebytjie, @daniec en @tina10 en @marynam julle hoef nie foto’s uit te vee as jy photobucket gebruik nie. Jy laai eers jou foto’s op Photobucket, nadat jy jouself geregistreer het. Dan as jy besig is met nuwe blogpos klik op add media by jou blogpos, dan kies jy “Insert from URL” aan linkerkant en dan kies jy by photobucket die foto, daar is ‘n venstertjie wat sê DIRECT aan die regterkant, klik op die link om te copy, gaan terug na blogposmedia bladsy en paste dit op jou venstertjie wat oop is wat sê “http” en klik op “insert into post” voila! Of dit die beste of regte manier is, weet ek nie ek het dit deur trial en error reggekry. Maak net jou foto’s kleiner voor jy op PB sit anders kom hul vreeslik groot uit. Hoop jul kom reg

        Like

  3. Ek verstaan dat sommige bloggers soos @daniec @perdebytjie @rosiemetdorings wat blogs van waarde skryf met foto’s wat by die artikel pas dit nie regtig wil uitvee nie. Ek is in ‘n ander posisie want die meeste is spoeg en plak goed wat mens nooit weer gaan gebruik nie en daarom vee ek dit met ‘n geruste hart uit. As iemand die photobucket ding weer stadig kan verduidelik sal ek dit ook oorweeg. Daar is net plek vir 460 foto’s en dan is dit vol. Miskien moet bloggers net ‘n paar van hulle foto’s delete by die belangrike blogs? Ek weet nie of julle moet anders maar telkens ‘n nuwe blog begin?

    Delete werk soos volg:
    Paneelbord – as jy onder die plek kyk waar daar staan hoeveel blogs jy het en hoeveel kommentare staan daar hoeveel % jou blog vol is.
    Media
    Library Dan is daar ‘n ry met ‘n klomp opskrifte
    Gaan na laaste bladsy heel regs Click >> Myne p23
    Bulk Action
    Delete Permanently
    Click blokkie
    Pas toe

    Ek delete sommer so paar bladsy op ‘n keer want ek het regtig nie lus om oor te begin nie en al my belangrike persoonlike foto’s is in groot formaat en kleiner op my rekenaar gestoor Ek verloor dus nie my foto’s nie

    .

    Like

    1. @tina10 Dankie,ek het dit nou reggekry,maar my hart is lekker seer oor die blogs wat nou leeg is.Gelukkig het ek darem al die foto’s op my rekenaar,so dis net die blogs wat in hulle kanon in is!

      Like

  4. Die photobucket ding is ook nie heel die antwoord nie – ek gebruik dit maar daar is nadele – soos mens kan sien op my onlangse omgewing blog ding – die probleem is dat mens nie maklik ‘n redelike grootte voorskou ding kan kry nie – die url wys direk na die volgrootte foto, met die gevolg dat jy sulke moerse goed kry waarvan jy net klein stukkie op die blog kan sien.

    As jy die foto opgelaai het, en jy kyk na hom – deur op jou photobucket album te kliek en die foto te selekteer – dan is daar so regs onderlangs ‘n reeks html goete wat mens op kan kliek – die kliek doen daar die ekwivalent van ‘n “copy”, en as jy dan op jou nuwe inskrywing regs kliek kan jy “paste” – al probleem is die grootte – as die fotos redelike resolusie het, dan kry jy die groot goed.

    En daar is ook ‘n limiet, tensy mens wil betaal – jy kry “net” 2Gb verniet – maar hei – dis ‘n moerse klomp fotos!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s