Ouma se reukwaterbotteltjie..vir Godiva

Hierdie botteltjie kom al ‘n lang pad….

My Nederlandse ouma het dit as jong vrou present gekry by my oupa.Ek het nooit die voorreg gehad om hierdie twee mense te leer ken nie.Hulle was maar altyd vir my Oupa en Ouma Holland…twee vae figure waarvan ons net vergeelde foto’s gehad het.

My pa was een van vyf kinders en Oupa was ‘n skeepsingenieur en selde tuis.Werkskaarste het my pa laat besluit om groener weivelde in Suid-Afrika te kom soek.Na ‘n skeepsvaart van twee weke,het hy in 1936 in Kaapstad voet aan wal gesit.Dit moes vreeslik gewees het vir sy ouers,want die wêreld was nie daardie tyd so klein soos vandag nie.Hy het nooit weer sy pa gesien nie en slegs eenkeer na vyf-en-twintig jaar vir sy ma gaan kuier..sy is kort daarna oorlede.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hulle ontsettend swaar gekry en my pa se oudste suster met haar man en dogter(my niggie) het net na die oorlog ook Suid-Afrika toe gekom.Dit was die jaar 1950.As afskeidsgeskenk het Ouma die leë botteltjie vir my niggie gegee.Ons is altwee Ouma se naamgenote.My niggie is 25 jaar ouer as ek en begin ook nou links en regs haar goed weggee.Dis hoe dit toe nou kom dat sy vir my die botteltjie gegee het.

Al is dit miskien nie veel werd nie,is dit my enigste band met ‘n ouma wat ek bitter graag sou wou ken.Dit voel of daar ‘n stuk van my is wat ek nooit sal verstaan nie…hulle sê mos bloed is dikker as water!

IMG_0415a
Glasbotteltjie met regte goud insetsel en piepklein glasproppie.
IMG_0398a
Die botteltjie langs sy kissie.Dis pikswart en met fluweel uitgevoer.Dit lyk soos ‘n doodskissie.
Advertisements

39 thoughts on “Ouma se reukwaterbotteltjie..vir Godiva”

  1. **********
    Hierdie is vir my jou beste pos ooit, ek is seker biased omdat ek so lief is vir onvervangbare ♡’s skatte soos die.
    Jy beskryf dit so raak met jou laaste sin oor ouderdom en weemoed.
    Al het jy haar nooit geken nie is daar nou n band tussen julle wat oor die dekades heen strek. Jy het iets fisies tasbaar wat duidelik baie geliefd was deur haar in jou besit. Baie dankie vir die lekkerlees blog.

    Like

      1. Plesier Perdebytjie, het die inskrywing sommer baie geniet.
        Ja ek hoop ook so, alhoewel vintage en antieke items nou nie in almal se smaak val dalk nie.

        Ek moet seker ook bydraes by die ander temas doen, so gewoond al die jare om net nou en dan lukrake blog challenges te rig 🙂

        Like

  2. Dis ‘n mooi, storie. Jy moet ‘n foto-afskriffie van jou ouma oprol en binne-in jou botteltjie hou as herinnering. Dis die eerste keer dat ek so ‘n klein tassie/boksie vir ‘n parfuumbotteltjie sien. Besonders.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s