My oudste en nuutste speelding

Herman Beertjie is een van my paar kosbaarste besittings en hy word vandag nog soos ‘n kleinnood opgepas! Soos ek reeds in my vorige pos genoem het,het ek ‘n Nederlandse ouma gehad,wat ek nooit ontmoet het nie.Sy het hierdie beertjie as ‘n geskenk gestuur toe ek gebore is.Saam met ‘n gegrafeerde mes,vurk en lepelstelletjie, is dit die enigste geskenke wat ek ooit van haar ontvang het.

Die knapie lyk effens motgevreet,maar is verder in ‘n redelike goeie toestand.Die kleertjies wat hy aanhet,het ek in standerd drie gebrei,toe skoolkinders nog geleer is om handwerk te doen.Ek onthou nog hoe die juffrou baie keer al die harde werk van die breipenne afgepluk het en ek weer van vooraf moes begin!Dit was maar nodig,want ek het so baie steke laat val,dat die ding soos ‘n sif gelyk het.Daardie tyd het ek lang trane gehuil,maar vandag is ek nie spyt dat ons geleer is om met net die beste tevrede te wees nie.Nodeloos om te sê,tot vandag toe haat ek dit om te brei..nou ja,dis ‘n ander storie daai!

Ons bure se dogters het ook beertjies gehad en een van hulle s’n se naam was Herman.Kinders volg mekaar altyd na,dis hoekom Herman Beertjie vandag nog Herman Beertjie is,al haat ek die naam.Ek hoop nie ek vat nou iemand in die gesig nie!

IMG_0549a
Herman beertjie is al sestig jaar oud en ek pas hom soos goud op!

My nuutste speelding is………taraaaaa!………..tromme…….verspotte ouma!!

IMG_0516
Vandag elf wekies oud
IMG_0474
Begin nou mens word!
Advertisements

28 thoughts on “My oudste en nuutste speelding”

  1. Ek ken van, ek het op n jong ouderdom die Onse Vader met kruissteek uitgewerk, my ma het alles uitgetrek – al my steke aan die agterkant moes in dieselfde rigting le. Voor en agter moes ewe oordentlik wees. Ek hou ook so van my ou speelgoed, ai sooooo sentimenteel.
    Kleinkind is OPVREETBAAR

    Like

  2. Daai breiwerk lyk vir my wonderlik..ek regs en aweregs nou eers op 60!! Ouma Perdebytjie mag jy elke oomblik geniet. Ek ruik amper die poeier reukie…

    Like

  3. Elk het ook nog my teddy wat net so lyk. Helaas het ek hom baie bespeel, en hoewel hy gehawend was, was hy nog heel tot jaloerse worshond hom beknibbel het so 2 jaar gelede.
    Bambino is aller ouliks en regtig ‘n mooie ou dingetjie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s