Musiek..pes of plesier?

Daar is musiek en mu-SIEK. Die eerste soort is daardie tipe klank samevoegings wat perfek tot die sinne spreek en jou meevoer na ‘n heerlike geesteswêreld.

Die mu-SIEK is daardie oorpyn-en irritasiemusiek wat orals teen mens se sin aan jou opgedwing word.Wanneer ek in ‘n klerewinkel kom,is ek nie lus dat die vals nood(t)krete van ‘n “kunstenares”met ‘n vlymskerp blêrstem,my oordromme opkerf nie.Ek wil in stilte my klere uitsoek en aanpas.

Dan is daar die liewe “agtergrond” musiek,waar die desibels so hoog is,dat dit ‘n vegvliegtuig,wat deur die klankgrens bars,na ‘n sagte briesie laat klink.Tussen die lawaai deur,moet mens kuier en ‘n gesprek probeer voer.Dis veral jaareindepartytjies wat hulle hieraan skuldig maak.

Die grootste pyniging is definitief daardie eentonige geprate “musiek”(Rap).Dit voel of iemand  boor en boor in my brein in en net as ek dink dis verby,dan dril die boor vir ‘n laaste encore,nog so vyf tot tien minute langer tot binne in my breinstam!

My doodsteek is wanneer iemand van sy “baby” sing.In Engels of Afrikaans klink dit ewe vertraag.

Wanneer ek hierdie tyd van die jaar ‘n winkel ingaan,kners ek op maat van Jingle Bells,Rudolph the Rednose Reindeer en Little Drummer Boy,dat my tande agterna los en stomp voel.

Opgezoepte karre wat lyk of hulle asemhaal van die woeste klankgolwe wat kloppend teen die bakwerk timmer,is een van my padnagmerries.

Elke diertjie het sy plesiertjie en elkeen se musieksmaak verskil,maar moet dit net nie op ander afdwing nie.

 

Advertisements

18 thoughts on “Musiek..pes of plesier?”

  1. hehehehe… jy het nogal ‘n punt beet.

    Maar (skuus Lou) was jy al in ‘n groot winkel tydens ‘n kragonderbreking – die stilte hang dan soos ‘n swaar wolk oor jou!

    Like

  2. Ek voel daar is ‘n derde ding – die rap wat tieners so op hulle draagbare luidsprekers laat uitbulder. Waar is die stil dae van die dierbare Walkman?

    Like

  3. @tina10 Gewoonlik is die winkel dan sommer pikswart donker ook,want deesdae is daar mos nie meer vensters nie.
    Dit wys eintlik hoe gewoond ons aan al die mu-SIEKLIKE lawaai is,dat skielike stilte mens sommer disorienteer!

    Like

  4. ..hier oorkant ons huis oppie hoek is die rissietong mense lief vir Saterdag middae se oop kattebak-musiek ‘Country Rose take me home ! ‘ Ek het eendag gekla by Edgars oor die musiek in aanpaskamer so hard was … toe is ek agternagestaar met ‘n ‘thats the old lady with the loud music complaint’

    Like

    1. @dirkie Ai tog,ongelukkig kan mens nie musiek afkamp tussen mure nie,die klank trek soos rook,net waar hy wil.
      Mens sou sweer die old lady se geld is nie ewe belangrik vir die snedige werkers in daardie Edgars nie.Ek kry baie keer die gevoel dat die musiek vir die werknemers gespeel word en nie vir die klante nie.

      Like

  5. Die DOEM DOEM DOEM wat so deur alles dring al druk jy jou kop onder die kussing, maak my gek

    Gisteraand gaan uiteet en daar speel hulle Mammy Blue – my skoon nostalgies gehad

    Like

      1. Ek dink meer aan ‘n trompetterige treinfluit wat jy reg langs sy oor laat afgaan…

        “you invade my space, I violate yours”

        🙂

        Like

  6. Dis hoekom ek nie winkelsentrums kan hanteer nie, daai musiek is net te erg. Kan nie dink dat dit andere kan aanspoor om meer te koop nie, wat die rede daaragter veronderstel is om te wees.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s