Troeteldiere kan soms…..

eienaardige vorms aanneem! Ek het juis so ‘n paar vreemde siele op my troetellysie.Dit val natuurlik nie in almal se smaak nie en sommige mense gooi maar ‘n wye draai om hierdie “gunstelinge”!

370
Ek is mal oor streepmuisies.
IMG_6311a
Reenspinnekop in my agterplaas.Ek sien hom elke aand en beskou hom as ‘n troeteldier.

Dan is daar die meer aanvarbare troeteldiere wat onder mens se vel inkruip!

_MG_4645
Dexter,my kinders se Airedaleterrier
_MG_2979
Carma,my seun se Bokser
_MG_2993
Vasco,lyk altyd of die honde sy kos afgevat het!
Advertisements

25 thoughts on “Troeteldiere kan soms…..”

  1. Vrek nee, ek en daai spinnekoppe is nie maats nie. Ons kry hulle altyd in my sus se vakansiehuis as ons daar aankom en Wyseman moet hulle maar vang en uit die huis uit vat. Maar hulle spring!

    Like

  2. Ek hou baie van die honde en hulle name..te pragtig. Dankbaar tussen my en die streepmuise en spinnekop is daar ‘n rekenaarskerm.. gun elke diertjie sy plesiertjie.

    Like

  3. Spinnekoppe is goed vir die ekologie, maar ek slaap nie saam met hom in die bed nie. Hierdie tyd van die jaar kom hulle graag binne, sal hulle nooit doodmaak nie want hulle eet die muskiete.
    Lief die honde.
    Daar is net een ding wat ek nooit sal aanhou as troeteldier nie en dis ‘n rot. Ek het ‘n ingeboude grillerigheid.

    Like

  4. Awww..daardie muise is te dierbaar.
    Die honde fotos is pragtig, alhoewel ek moet sê ek is banger vir daardie groot boele as vir die spinnekop..en dit wil gedoen wees! 🙂

    Like

  5. ‘n Tuin en huis vol verrassings. Ek is maar bly die spinnie is in die tuin. Is daardie muise nou nie te pragtig nie. Die manier waarop ‘n bokserhond sy gesiggie trek en sy uitdrukkings laat my altyd aan ‘n seuntjie dink. Dis asof hy net wag vir iets om te gebeur terwyl hy so halfverveeld op sy “arms” lê. Hulle kort nog net die sproete oor die neus.

    Like

  6. Die streepmuisies is pragtig! Ek het self ‘n vet klein kalant wat die suikerbekkies en sonvoëltjies se suikerwater steel. ‘n Regte klein sirkus-akrobaat. Die foto van Dexter is my absolute gunsteling van hierdie hele uitdaging. @perdebytjie

    Like

  7. Glad nie vriende met muise en spinnekoppe nie. Ek vat die pad en hardloop dat jy net stof sien! Maar ek is mal oor jou honde. Pragtige karaktervolle gesigte! En mooi fotos

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s