Weerkaatsings..mymeringe oor wat verby is

Die oujaar lê op sy rug en skop nog net floutjies.Teen vanaand,sal hy ‘n oplewing beleef met klapperknalle en dronk lywe wat wieg op maat van die tot vervelens-gesingde “Old Lang Syne”.Daarna sal hy sidderend sterf.Miljoene pretmakers sal vir oulaas drink op dit wat vir ewig verby is en gillend met drankglase omhoog en spuitende sjampanjebottels,die nuwe jaar binneval.

Die nuwe jaar is eintlik maar net ‘n weerkaatsing van die ou ene,met hier en daar ‘n wysiging.Die siklusse in die natuur kom en gaan soos dit reeds vir miljoene jare doen.Ons ou spikkeltjie-mensdom wat maar ‘n kort tydjie deel van hierdie groot heelal is,gaan soos eeue reeds gebeur het,voortstoei om te oorleef..elkeen op sy eie mishopie.

Dit is egter die hier en nou en die realiteit,waarvan ons die beste moet maak.Mag die nuwe jaar vir elkeen van ons ‘n weerkaatsing wees van die goeie in ons verlede met die byvoeging van nog beter dinge in die toekoms.

325D
Die son sal steeds elke dag opkom en sy weerkaatsing iewers gooi..Dagbreek oor die Choberivier,Botswana.

 

 

RRRaaisel oplossing.

Ek het toevallig gesien dat die blink agterkant van die tru-spieël,’n oulike weerkaatsing maak. Die Ronding van die spieël het gesorg vir die snaakse verwronge beeld.Gaan kyk gerus hoe interessant verander jou beeld. Dis amper soos daardie snaakse spieëls wat  mens vet,maer,lank en sommer snaaks laat lyk.

_MG_1070a
Die oorspronklike foto,met weerkaatsing van die voertuig se enjinkap ook sigbaar.Ek het dit uitgekloon met Ps.

 

‘n Voorsmakie

Soos ek reeds vertel het,was ons op ‘n missie om kokerbome af te neem.Hierdie blaar en stam-vetplante is deel van die Aalwynfamilie en word geklassifiseer as Aloe dichotoma.Hierdie besondere plante groei veral in rotsagtige areas veral aan die westelike platorand van Namibië.Die goudgeel blomme is een van die treffendste eienskappe van kokerbome.Hulle word blaar-en stamvetplante genoem,want hul water word in beide die blare en stamme geberg.

Die Boesmans het uitgeholde stamme van die plante gebruik,om hul pyle in te dra…vandaar die naam kokerboom.

_MG_0887
Vroegaand,toe die son reeds onder was,was daar drie strepe kleur in die lug.
_MG_0864
Net voor sononder,wys daar reeds goue lig,maar daar is steeds skaduwees.
_MG_0933
Net voor sonsopkoms,met die son direk agter die boom.

Heelhuids terug!

Na ‘n fantastiese twee dae en een nag,is ek darem terug in die beskawing.Ons het Dinsdagmiddag laterig gery,sodat ons nie op die ergste hitte by Bloedkoppie aankom nie.Die son het hier by halfvyf nog hoog gesit,toe ry ons maar bietjie rond om geskikte tonele te bepan.Dit was in elk geval te warm om al tent op te slaan en dan soos afkop-ganse in die hitte te lê en blaas!

Wanneer mens so ‘n fotografiesessie beplan,is daar nie tyd vir vuurmaak,vleisbraai en rondsit nie.Die lig is ‘n belangrike faktor en jy moet vinnig wees om net op die regte tyd jou kamera opgestel te hê.By Bloedkoppie,is die mooiste tonele met kokerbome en toe die son laag genoeg was,was ons opgestel en reg om te skiet.Mens moet nogal vêr stap,want jy mag nie van die pad afry nie.Met my driepoot onder die arm,kamera om die nek,flitslig en lense,was dit nogal aktiewe oefening.

Wat ‘n lekkerte..net ons twee,die absolute stilte,geen mens naby nie,daar in die oop veld,besig om prentjies met baie verskillende fasette raak te sien.’n Bonus,was die bloedrooi volmaan wat skielik soos ‘n reuse halwe kaas bokant die berg begin uitstoot het! My asem was weggeslaan.So tussen die kokerbome deur,het ek nog nooit so ‘n mooi toneel gesien nie.Ongelukkig kon ons dit nie afneem nie.Dis baie moeilik om die maan te fotografeer en net ‘n professionele fotograaf sou hierdie natuurskildery tot sy reg kon laat kom!

Die son is net voor agtuur onder en daarna het mens fantastiese lig,vir omtrent ‘n halfuur.Dis dan wanneer jy foto’s sonder kontraste en skaduwees kan neem.Die geheim is egter dat jou kamera op ‘n driepoot is en dat jou sluiterspoed baie stadig is.Dit was naderhand stikdonker en met net ons flitsliggies en die maanlig,moes ons nogal ‘n hele ent terugstap na ons voertuig.Ons het nie agtergekom hoe ons entoesiame ons al verder laat wegdwaal het nie.

Na ‘n lekker voorafbereide ete het ons kreun-kreun die tent ingeseil en soos klippe op die klippe geslaap.Vroegoggend voor die son opkom,is ons weer op en uit,om die beste lig te vang.Die hele vallei aan die oostekant was vol mis en ons moes vinnig speel om ‘n paar goeie skote te kry,voordat die klam misvingers om ons kele vou.Die kokerbome het so spookagtig in die mis gelyk en dit was nogeens ‘n asemrowende toneel.

Later,kamp afgeslaan en ‘n sirkelroete gaan ry deur ‘n deel van die Naukloof.Dis tans ontsettend droog,maar verstommend het ons meer as honderd Hartmann-zebras,baie gemsbokke,springbokke,volstruise,jakkalse,swart-aasvoëls,kelkiewyne en woestyn-korhane gesien.Ons was ook verstom om te sien hoe twee edelvalke ‘n vlakhaas jaag en probeer vang.Gelukkig het die hasie betyds onder ‘n klip skuiling gevind!

Ek plaas later ‘n paar foto’s.

R…

gaan môRe saam met my,wanneeR ek met my RoesbRuin tent by die Rotsagtige Rooi Bloedkopje in die Naukloof gaan kamp.Ek vat my bReëRandhoed,een stelletjie kleRe,wateRkan,slaapRol,flits en pRoviand viR een aandete en een ontbyt.Die belangRikste is natuuRlik my kameRa en dRiepoot wat eeRste ingepak woRd.My opdRag is om bloedRooi aandtonele en Rosige sonsopkomste te fotogRafeeR!

Ek kan nie wag viR die Rustigheid en stilte en wegkom van die spul mal vakansiegangeRs nie.Ek sien uit na die kRas geblaf van die woestyngeitjie,die goue lig op die kokeRbome tussen vuuRRooi Rotse,die Ritsel van dRoë sade en gRas in die waRm asem van die woestynwind.DaaR is ook nog die moontlikheid van die Rasperstem van die luipeRd,wat soos ‘n skim in die kRanse Rondsluip.Ek sien al die tRoppie HaRtmann ZebRas,wat altyd vlugvoetig oor die Rooi duine veRdwyn,wanneeR mens nadeRkom.Niks kom by die gesang van leweRikke in vRoegoggend-bedoude gRas nie..of om skielik af te kom op die bewe-teRugtRek-stappie van ‘n tRapsuutjies,met sy dRiehondeRd-en-sestig-gRade-Rol-ogies.

Die meeR GrilleRiges,soos die skeRpioen met sy gRuwel-antenna en die hoRingaddeR wat skelm met die omgewing saamsmelt,laat ‘n Rilling van opwinding en vRees by my.

Sien viR julle ooR dRie dae!