Piet,Pieta…..

Jy is die sout van die aarde,’n Namibiër in murg en been,ons vriend vir die laaste vyf jaar.Mens kan ure luister na jou Namibiese aksent,jou interessante stories van swaarkry,stoutighede en kostelike sêgoed.Jy is ‘n man wat kan visvang,kitaarspeel en sing…die gees van elke byeenkoms,almal se liefling.Jy is nie beroemd en op voorblaaie nie,maar om jou te ken,is ‘n groter voorreg en eer as die vriendskap van konings,keisers en ander helde.

Gisteraand was vir ons baie erg.Sonder dat iemand ons genooi het,het ons op die regte tyd daar aangekom.Omring deur jou familie en kinders,het jy op die bank gesit.Jy het probeer vrolik wees tussen die naarword en duiselige oomblikke deur en vir elkeen ‘n spesiale woord gehad.Dis nou een ding van jou,Pieta…jy laat almal wat oor jou pad kom,besonders voel!

Waar jy elke jaar vir die siekes en oues oor Kerstyd met jou kitaar en stem vertroosting gaan bring het,was dit gisteraand jou beurt om aan die ontvangkant te wees.Die vrouekoor het opgedaag,die sitkamer volgestaan en so pragtig gesing,dat almal in trane was.Jy het moedig probeer om saam te sing,maar jou stem wou net nie meer nie en die trane het kort-kort oor jou wange gestroom.Jou een seun het weggekruip agter ‘n pilaar,waar niemand sy emosies kon sien nie en jou dogter het jou snikkend vasgehou,terwyl jou vrou jou met betraande oë dopgehou het.

Toe hulle klaar was,het jy so eie aan jou aard,vir elkeen ‘n drukkie gegee en op ‘n stadium nog grappenderwys met jou maer bene in die lug geskop,om te wys jy het nog oemf!Dis nou so tipies van jou om te sorg vir die ligter oomblikke.Die koor was skaars weg,toe moes jy weer sukkel-sukkel aan die arm van jou seun,vlug na die toilet.

Pieta,ons weet jy het die afgelope vier jaar moedig gestry teen jou siekte.Jy het al vergeet hoe dit voel om lekker te voel.Ek het nie meer woorde nie….

Mag hierdie Kersfees vir jou die beste een in jou hele lewe wees…..

16 Replies to “Piet,Pieta…..”

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +