Party mense het darem…

deursettingsvermoë! Die jaarlikse Desert Dash Fietswedren het hierdie naweek plaasgevind.Die deelnemers het Vrydagmiddag drie-uur in Windhoek die pedale begin trap,dwarsdeur die nag gery,deur die woestyn en Saterdag by die eindpunt in Swakopmund aangekom.Die afsnypunt was Saterdagmiddag drie-uur.Sesuur die oggend het die eerstes al aangekom en vyf voor drie,het ‘n vyf-en-sewentigjarige omie ook oor die eindstreep gery…vier-en-twintig uur in die saal! Dit wil gedoen wees.

Ek was bitter jammer vir die klompie wat na drie hier aangekom het,maar dit bly nog steeds ‘n prestasie om so-iets te voltooi!

_MG_0794
Vrydagmiddag het hulle begin regmaak.
_MG_0808
Saterdag het dit so gelyk.
_MG_0815
Van die dapperes kom by die eindstreep aan.Intussen het die mis van die see se kant af begin inrol,’n welkome lafenis na die bloedige hitte van die woestyn!
_MG_0823
Patriotiese manne se fietse bo-op hul voertuig.Hulle het met die vlag tussen hulle by die eindstreep aangekom.
_MG_0824
Vanoggend,skaars twaalf ure later…geen teken van gister se feestelike bedrywighede nie!Mense kan darem woel as hulle moet.

17 Replies to “Party mense het darem…”

  1. Outch ! 260 km … twee maal die Cape Argus Fietstoer se afstand , plus nog 40 km , en al is daar dalk minder bulte, is dit baie kwaai. En hittig die tyd van die jaar in daai warm wereld , al trap hulle ‘n groot deel in die nag . … respekte 🙂

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s