R…

gaan môRe saam met my,wanneeR ek met my RoesbRuin tent by die Rotsagtige Rooi Bloedkopje in die Naukloof gaan kamp.Ek vat my bReëRandhoed,een stelletjie kleRe,wateRkan,slaapRol,flits en pRoviand viR een aandete en een ontbyt.Die belangRikste is natuuRlik my kameRa en dRiepoot wat eeRste ingepak woRd.My opdRag is om bloedRooi aandtonele en Rosige sonsopkomste te fotogRafeeR!

Ek kan nie wag viR die Rustigheid en stilte en wegkom van die spul mal vakansiegangeRs nie.Ek sien uit na die kRas geblaf van die woestyngeitjie,die goue lig op die kokeRbome tussen vuuRRooi Rotse,die Ritsel van dRoë sade en gRas in die waRm asem van die woestynwind.DaaR is ook nog die moontlikheid van die Rasperstem van die luipeRd,wat soos ‘n skim in die kRanse Rondsluip.Ek sien al die tRoppie HaRtmann ZebRas,wat altyd vlugvoetig oor die Rooi duine veRdwyn,wanneeR mens nadeRkom.Niks kom by die gesang van leweRikke in vRoegoggend-bedoude gRas nie..of om skielik af te kom op die bewe-teRugtRek-stappie van ‘n tRapsuutjies,met sy dRiehondeRd-en-sestig-gRade-Rol-ogies.

Die meeR GrilleRiges,soos die skeRpioen met sy gRuwel-antenna en die hoRingaddeR wat skelm met die omgewing saamsmelt,laat ‘n Rilling van opwinding en vRees by my.

Sien viR julle ooR dRie dae!

16 Replies to “R…”

      1. Ek sou dit graag wou doen maar die warmte is vir my darem net te erg. Ek sal maar agteroor sit en jou foto’s geniet. Wens ek het so lekker honde op die duine gehad vir my opdrag.

        Like

  1. die rooi ribbok ram spring dwarsdeur die doringdraad …………..
    as hy sien wie slaan kamptent op . 😛 Geniet dit.
    Daardie hitte sal my onder kry

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +