Heelhuids terug!

Na ‘n fantastiese twee dae en een nag,is ek darem terug in die beskawing.Ons het Dinsdagmiddag laterig gery,sodat ons nie op die ergste hitte by Bloedkoppie aankom nie.Die son het hier by halfvyf nog hoog gesit,toe ry ons maar bietjie rond om geskikte tonele te bepan.Dit was in elk geval te warm om al tent op te slaan en dan soos afkop-ganse in die hitte te lê en blaas!

Wanneer mens so ‘n fotografiesessie beplan,is daar nie tyd vir vuurmaak,vleisbraai en rondsit nie.Die lig is ‘n belangrike faktor en jy moet vinnig wees om net op die regte tyd jou kamera opgestel te hê.By Bloedkoppie,is die mooiste tonele met kokerbome en toe die son laag genoeg was,was ons opgestel en reg om te skiet.Mens moet nogal vêr stap,want jy mag nie van die pad afry nie.Met my driepoot onder die arm,kamera om die nek,flitslig en lense,was dit nogal aktiewe oefening.

Wat ‘n lekkerte..net ons twee,die absolute stilte,geen mens naby nie,daar in die oop veld,besig om prentjies met baie verskillende fasette raak te sien.’n Bonus,was die bloedrooi volmaan wat skielik soos ‘n reuse halwe kaas bokant die berg begin uitstoot het! My asem was weggeslaan.So tussen die kokerbome deur,het ek nog nooit so ‘n mooi toneel gesien nie.Ongelukkig kon ons dit nie afneem nie.Dis baie moeilik om die maan te fotografeer en net ‘n professionele fotograaf sou hierdie natuurskildery tot sy reg kon laat kom!

Die son is net voor agtuur onder en daarna het mens fantastiese lig,vir omtrent ‘n halfuur.Dis dan wanneer jy foto’s sonder kontraste en skaduwees kan neem.Die geheim is egter dat jou kamera op ‘n driepoot is en dat jou sluiterspoed baie stadig is.Dit was naderhand stikdonker en met net ons flitsliggies en die maanlig,moes ons nogal ‘n hele ent terugstap na ons voertuig.Ons het nie agtergekom hoe ons entoesiame ons al verder laat wegdwaal het nie.

Na ‘n lekker voorafbereide ete het ons kreun-kreun die tent ingeseil en soos klippe op die klippe geslaap.Vroegoggend voor die son opkom,is ons weer op en uit,om die beste lig te vang.Die hele vallei aan die oostekant was vol mis en ons moes vinnig speel om ‘n paar goeie skote te kry,voordat die klam misvingers om ons kele vou.Die kokerbome het so spookagtig in die mis gelyk en dit was nogeens ‘n asemrowende toneel.

Later,kamp afgeslaan en ‘n sirkelroete gaan ry deur ‘n deel van die Naukloof.Dis tans ontsettend droog,maar verstommend het ons meer as honderd Hartmann-zebras,baie gemsbokke,springbokke,volstruise,jakkalse,swart-aasvoëls,kelkiewyne en woestyn-korhane gesien.Ons was ook verstom om te sien hoe twee edelvalke ‘n vlakhaas jaag en probeer vang.Gelukkig het die hasie betyds onder ‘n klip skuiling gevind!

Ek plaas later ‘n paar foto’s.

14 Replies to “Heelhuids terug!”

  1. Klink of jy baie suksesvol is/was. Eendag moet jy tog vir my vertel watter werk julle doen… jy weet mos hoe brand die nuuskierigheid altyd

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +