‘n Voorsmakie

Soos ek reeds vertel het,was ons op ‘n missie om kokerbome af te neem.Hierdie blaar en stam-vetplante is deel van die Aalwynfamilie en word geklassifiseer as Aloe dichotoma.Hierdie besondere plante groei veral in rotsagtige areas veral aan die westelike platorand van Namibië.Die goudgeel blomme is een van die treffendste eienskappe van kokerbome.Hulle word blaar-en stamvetplante genoem,want hul water word in beide die blare en stamme geberg.

Die Boesmans het uitgeholde stamme van die plante gebruik,om hul pyle in te dra…vandaar die naam kokerboom.

_MG_0887
Vroegaand,toe die son reeds onder was,was daar drie strepe kleur in die lug.
_MG_0864
Net voor sononder,wys daar reeds goue lig,maar daar is steeds skaduwees.
_MG_0933
Net voor sonsopkoms,met die son direk agter die boom.
Advertisements

25 thoughts on “‘n Voorsmakie”

  1. Ek LOOOVVVEEEE kokerbome. Jou foto’s is pragtig. Ek het nou die dag gelees die wetenskaplikes ondersoek die verskynsel dat die kokerbome besig is om see se kant toe (wes) te migreer. Dit was vir my geweldig interessant. want ek het nooit gedink plante migreer nie.

    Like

    1. @avega Dit neem seker baie lank om so te migreer. ‘n Moontlike verklaring is dalk die baie goeie reenjare,wat die verspreiding van diere en insekte dieper in die woestynareas na die weste,veroorsaak het en natuurlik daarmee saam die sade en bestuiwing deur insekte.Tans is dit weer bitter droog en ons het nie eers ‘n graspolletjie gesien nie.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s