Verrassing in die woestyn

Ons was vanoggend vir ‘n rit deur die Naukloof Nasionale Park.Dis horingdroog,maar steeds het ons plate springbokke,gemsbokke,Hartmann zebras,volstruise en swartaasvoëls gesien.Skielik sien ons hierdie vreemde verskynsel…’n spierwit springbok! Dis nie ‘n goeie foto nie,want die lig was vreeslik hard en die bok was bietjie vêr.Ek wou dit egter met julle deel,omdat dit eintlik ‘n seldsame verskynsel is.’n Mens wonder hoe hy dit reggekry het om so lank te oorleef,want hy lyk heel gesond en goed aangepas!

_MG_1220
Ek moes die foto baie crop,dus bietjie kwaai pixellasie.(hoop dis die regte term)
_MG_1220b
Albinisme is redelik seldsaam en dis die eerste keer dat ek so ‘n springbok sien.
Advertisements

25 thoughts on “Verrassing in die woestyn”

      1. Nee, ons was op pad na die plek waar ons sou oorbly langs Mabula. ‘n Ander blogger het al daaroor geskryf, hulle verkoop vir by die R200 000 elk. Die albino diere kan mos nie teel nie. Hulle kans op oorlewing is ook skraal, daarom is ek ook verbaas dat hy oorlewe het. Die swart bokke word so geteel en daarom waardevol.

        Like

  1. Hul kleure is juis vir ‘n doel, so dit laat mens wonder hoe die natuur soms werk. Vriende van my het ‘n wit Blesbok gekoop ‘n ruk gelede, en dis net so raar.

    Like

      1. @perdebytjie seker is dit ‘n genetiese mutasie om so fenotipevoort te kon bring . Ek weet nie meer as wat Wiki weet nie : daar is 3 fenotipes van die Afrika Springbok ~ die tipiese bruin en wit een, die swart een met donkerbruin rug en ‘n bruin pens en dan die wit ene wat wel ‘n baie ligte bruinstrepie op die sy moet he^ wat en nie mooi op jou foto kan sien nie . Dalk is die soort evolusie-aanpassing omdat predators sal dink die wit ding is giftig en hom dan uitlos ? 🙂

        terloops . my uitgevee kommentaar by ou CM onlangs vir interessantheid :

        exionperfexi het gesê op Januarie 2, 2014
        Jou kommentaar wag om gemodereer te word

        Dit is baie vreemd dat jy historiese karakters uit bybelverhale as voorbeeld gebruik om jou opinie te lug.

        Like

      2. @exionperfexi Dankie vir die inligting.
        Ou CM het onlangs van my kommentare ook uigevee.Toe ek hom daaroor vra,was daar dawerende stilte en is die vragie ook “weggemodereer”.Ek dink hy lees net sy eie goed,sien nooit dat hy op ander blogs kommentaar lewer nie.
        Ek hou nogal van sy stellings,want dit laat mens dink,maar as jy bietjie uit lyn raak…poef,weg!

        Like

  2. Wit regse springbok
    Daar moet nou net ook ‘n swart een by die trop gesit word
    Daar is klaar bruin

    Hehehehe

    Voorspoedige 2014 vir jou Perdebytjie

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s