Hier kom interessante goed na vore,as die bloggeresse of bloggerinne (ekskuus,deesdae word daar mos beswaarlik gebruik gemaak van die vroulike vorm!) hul handsakke so uitdop in die virtuele ruimte.Ek het nog nooit erg gehad aan handsakke nie en het dit nog altyd bloot gesien as ‘n pakplek vir noodsaaklike goed soos beursies,brille,penne ensovoorts.Ek onthou nog die dae toe vrouens selfs hul skoene en handsakke bymekaar laat pas het.Skoene is soms oorgetrek met dieselfde materiaal as waarvan die handsak gemaak is.Dis was sekerlik baie sjiek en modieus,maar ek kon nooit vatkry daaraan nie.Daar is egter niks mooier as ‘n pragtige handsak nie en ek verkyk my soms aan die vrouens met hul goeie smaak.
Deur al die jare heen,kon ek nog nooit vreeslik opgewonde raak oor ‘n handsak vir myself nie.My enigste vereiste was nog altyd dat dit prakties moet wees,by alles pas,nie reusagtig nie en die binnewerk moet ‘n ligte kleur wees.Swart binnegoed laat my dink aan die oerknal…voor tyd en ewigheid,want jy skrop oneindig in die duisternis rond,om iets raak te vat.Ongelukkig is meeste handsakke pikswart binne en daarom het ek ‘n plan gemaak en vir my ‘n ligkleurige binnegoedjie,wat jy van sak na sak kan oorplaas,aangeskaf.
Ek dink ‘n handsak vertel tóg iets van ‘n vrou.As mens bietjie loskop is,kan daardie handsak in ‘n warboel van implimente,strokies,papiertjies en onnodige goed,ontaard.Perfeksioniste se handsakke word fyn beplan,elke dingetjie op sy plek.Minimaliste dra net die noodsaaklikste saam.Die elegante,modieuse vrou dra ontwerpershandsakke,wat pas by elke geleentheid.
Nou blerts ek maar my handsakgeheime ook hier uit.Ek besit presies tweetjies,baie lelikes,maar prakties.Met die een reis ek en die ander een is elke dag se sak.Wanneer hulle gaar gedra is,gaan soek ek weer ewe oninteressante,maar praktiese goed uit.
🙂
LikeLike
@twaksak Dankie dat jy kom lees het. 🙂
LikeLike
🙂
Baie soos ek, net as ek reis dan moet ek alles in my (reis)handsak sit wat ek nie in ‘n tas wil pak nie. Kidle, tab, kamera, laaier, Garmin, parfuum, en sulke goedjies.
My dagsak is ek besig om minimalisties te maak, helfte van die goed wat ek ronddra benodig ek selde. Maak alle inskrywings op my telefoon, my bril is op my kop, my sonbril in die motor en my telefoon as dit kan in my sak. Dan kan ek voel as dit vibreer. (Ek haat telefone!)
LikeLike
@charly Jy klink soos ‘n minimalis-perfeksionis! 😆
LikeLike
Gladnie weet jy, net in my drome! Ek is nie uitsonderlik georganiseerd en obsessioneel nie, ek soek na sleutels en strokies, en baie ander goed.
🙂
Dis net daai handsak wat ek besluit het moenie meer ‘n ton weeg en my skouer so laat pyn nie.soos jy sê dis dark matter…
LikeLike
@charly Hehe,daar ontplof my teorie dat ‘n handsak iets van ‘n vrou vertel!
LikeLike
Lekker georganiseer – hou van die voering ding, dis slim – nog nooit so daaraan gedink nie, maar ja – die goed se voerings is donker, en in die duister kan mens nie sien nie!
🙂
LikeLike
@kompethenry Mens koop daardie binnesakkies by die Verimarkprodukte,sommer by Clicks.Hulle noem dit “Kangaroo Keeper” en daar is twee verskillende groottes in die pakkie.Dalk sal jou Duitser van enetjie hou! 😉
LikeLike
🙂
LikeLike
Een ordelike vrou! My handsak (wat ek selde gebruik) lyk soos ‘n mossienes!
LikeLike
@losbek
dis scary hoe eenders ek en jy is
LikeLike
@rosiemetdorings Dis hoekom ek so baie van jou hou, Rosie!
LikeLike
Eerstens ‘n (tong in die kies) kompliment, jou handsak is so netjies en ge-organiseerd soos myne binne 😉
Dit vertel my dat jy ‘n praktiese en netjiese mens is en dalk effe ‘n perfeksionis soos ek?.
Jy beskryf dit so raak : ‘Ek dink ‘n handsak vertel tóg iets van ‘n vrou.As mens bietjie loskop is,kan daardie handsak in ‘n warboel van implimente,strokies,papiertjies en onnodige goed,ontaard.Perfeksioniste se handsakke word fyn beplan,elke dingetjie op sy plek.Minimaliste dra net die noodsaaklikste saam.Die elegante,modieuse vrou dra ontwerpershandsakke,wat pas by elke geleentheid.’
Ek hou van die Namibia satchel sakkie, het ‘n bruin Rocket Dog handsak wat op die selfde patroon is en so lekker dra.
Wat is uitgekerf op die pit-sleutelhouer, en wat noem mens daardie pitte nou weer?
Dankie vir ‘n lekker inskrywing, jy maak my Sateroggend.
P.s
Weet jy waarvoor is ek nou lus vir ontbyt? ‘n brotchen met tuisgemaakte appelkooskonfyt en skerp cheddar. Vir al die jare wat ek in Namibia altyd vakansie gehou het was die brotchens altyd ‘n groot gunsteling elke vakansie.
LikeLike
ek volstaan by wat ek by Carol getik het. 😛
LikeLike
@ladygodiva Ongelukkig is ek ‘n pynlike perfeksionis,wat hard daaraan werk om nie so te wees nie!
Dis Macalanipitte en op hierdie een is manlief se naam en vier gemsbokke uitgekerf.Ek het honderde van die goed,want die mense daar is ook maar desperaat vir ‘n geldjie.Dis eintlik so fantasties kunstig,dat dit mens se hart breek dat dit nou weer massaproduksie raak.
Ek het so baie “brotchen” geeet,dat ek nou met spysverteringprobleme sit..hahaa!
LikeLike
Perfeksionisme hou chaos weg…hehehe.
Ah yes, macalani pitte, hard probeer onthou wat die naam daarvan is, dankie. Jy is reg, baie kunstig om op so miniskule skaal te kan kerf.
ja daardie te veel brotchens eet is soos te veel koue truksvye uit die yskas eet..selfde effek. Lol..
LikeLike
@ladygodiva Gelukkig veroorsaak dit nie sneeuwit ontploffings in tuine nie! 😆
LikeLike
Oi! lol
LikeLike
@rosiemetdorings Dis wat ons almal uniek en interessant maak!
LikeLike
@losbek So is ons maar almal eenders en tog anders.
LikeLike
Lekker soos mens mense so beter leer ken … grinnik… ek het jou nou lekker uitgekyk
LikeLike
@tina10 So lap ons stadig maar seker ons geheime uit.Dis hoekom ek van die blogs hou.Ek probeer mense opsom deur hoe hulle dink en skryf.
LikeLike