Handsakstories vir Godiva

Hier kom interessante goed na vore,as die bloggeresse of bloggerinne (ekskuus,deesdae word daar mos beswaarlik gebruik gemaak van die vroulike vorm!) hul handsakke so uitdop in die virtuele ruimte.Ek het nog nooit erg gehad aan handsakke nie en het dit nog altyd bloot gesien as ‘n pakplek vir noodsaaklike goed soos beursies,brille,penne ensovoorts.Ek onthou nog die dae toe vrouens selfs hul skoene en handsakke bymekaar laat pas het.Skoene is soms oorgetrek met dieselfde materiaal as waarvan die handsak gemaak is.Dis was sekerlik baie sjiek en modieus,maar ek kon nooit vatkry daaraan nie.Daar is egter niks mooier as ‘n pragtige handsak nie en ek verkyk my soms aan die vrouens met hul goeie smaak.

Deur al die jare heen,kon ek nog nooit vreeslik opgewonde raak oor ‘n handsak vir myself nie.My enigste vereiste was nog altyd dat dit prakties moet wees,by alles pas,nie reusagtig nie en die binnewerk moet ‘n ligte kleur wees.Swart binnegoed laat my dink aan die oerknal…voor tyd en ewigheid,want jy skrop oneindig in die duisternis rond,om iets raak te vat.Ongelukkig is meeste handsakke pikswart binne en daarom het ek ‘n plan gemaak en vir my ‘n ligkleurige binnegoedjie,wat jy van sak na sak kan oorplaas,aangeskaf.

Ek dink ‘n handsak vertel tóg iets van ‘n vrou.As mens bietjie loskop is,kan daardie handsak in ‘n warboel van implimente,strokies,papiertjies en onnodige goed,ontaard.Perfeksioniste se handsakke word fyn beplan,elke dingetjie op sy plek.Minimaliste dra net die noodsaaklikste saam.Die elegante,modieuse vrou dra ontwerpershandsakke,wat pas by elke geleentheid.

Nou blerts ek maar my handsakgeheime ook hier uit.Ek besit presies tweetjies,baie lelikes,maar prakties.Met die een reis ek en die ander een is elke dag se sak.Wanneer hulle gaar gedra is,gaan soek ek weer ewe oninteressante,maar praktiese goed uit.

IMG_1413
My swart dienlike sak langs my seilerige reissak,saam met die binnesakkie,wat ek baie ordelik hou met die volgende:kam,tandevlos,sonroom,handewasmiddel,liniaal,
potlood,uitveer,twee penne,sonbril,selfoon.Hierdie sakkie plaas ek net so oor na my ander handsak.Voor in die middel is my kaarthouertjie,brilhuisie met bril en sleutels.In een van die zipsakkies kom my kontant en in ‘n ander een,die papiergeld.

 

22 Replies to “Handsakstories vir Godiva”

  1. 🙂
    Baie soos ek, net as ek reis dan moet ek alles in my (reis)handsak sit wat ek nie in ‘n tas wil pak nie. Kidle, tab, kamera, laaier, Garmin, parfuum, en sulke goedjies.
    My dagsak is ek besig om minimalisties te maak, helfte van die goed wat ek ronddra benodig ek selde. Maak alle inskrywings op my telefoon, my bril is op my kop, my sonbril in die motor en my telefoon as dit kan in my sak. Dan kan ek voel as dit vibreer. (Ek haat telefone!)

    Like

      1. Gladnie weet jy, net in my drome! Ek is nie uitsonderlik georganiseerd en obsessioneel nie, ek soek na sleutels en strokies, en baie ander goed.
        🙂
        Dis net daai handsak wat ek besluit het moenie meer ‘n ton weeg en my skouer so laat pyn nie.soos jy sê dis dark matter…

        Like

  2. Lekker georganiseer – hou van die voering ding, dis slim – nog nooit so daaraan gedink nie, maar ja – die goed se voerings is donker, en in die duister kan mens nie sien nie!

    🙂

    Like

    1. @kompethenry Mens koop daardie binnesakkies by die Verimarkprodukte,sommer by Clicks.Hulle noem dit “Kangaroo Keeper” en daar is twee verskillende groottes in die pakkie.Dalk sal jou Duitser van enetjie hou! 😉

      Like

  3. Eerstens ‘n (tong in die kies) kompliment, jou handsak is so netjies en ge-organiseerd soos myne binne 😉
    Dit vertel my dat jy ‘n praktiese en netjiese mens is en dalk effe ‘n perfeksionis soos ek?.

    Jy beskryf dit so raak : ‘Ek dink ‘n handsak vertel tóg iets van ‘n vrou.As mens bietjie loskop is,kan daardie handsak in ‘n warboel van implimente,strokies,papiertjies en onnodige goed,ontaard.Perfeksioniste se handsakke word fyn beplan,elke dingetjie op sy plek.Minimaliste dra net die noodsaaklikste saam.Die elegante,modieuse vrou dra ontwerpershandsakke,wat pas by elke geleentheid.’

    Ek hou van die Namibia satchel sakkie, het ‘n bruin Rocket Dog handsak wat op die selfde patroon is en so lekker dra.

    Wat is uitgekerf op die pit-sleutelhouer, en wat noem mens daardie pitte nou weer?

    Dankie vir ‘n lekker inskrywing, jy maak my Sateroggend.

    P.s
    Weet jy waarvoor is ek nou lus vir ontbyt? ‘n brotchen met tuisgemaakte appelkooskonfyt en skerp cheddar. Vir al die jare wat ek in Namibia altyd vakansie gehou het was die brotchens altyd ‘n groot gunsteling elke vakansie.

    Like

  4. @ladygodiva Ongelukkig is ek ‘n pynlike perfeksionis,wat hard daaraan werk om nie so te wees nie!
    Dis Macalanipitte en op hierdie een is manlief se naam en vier gemsbokke uitgekerf.Ek het honderde van die goed,want die mense daar is ook maar desperaat vir ‘n geldjie.Dis eintlik so fantasties kunstig,dat dit mens se hart breek dat dit nou weer massaproduksie raak.
    Ek het so baie “brotchen” geeet,dat ek nou met spysverteringprobleme sit..hahaa!

    Like

    1. Perfeksionisme hou chaos weg…hehehe.

      Ah yes, macalani pitte, hard probeer onthou wat die naam daarvan is, dankie. Jy is reg, baie kunstig om op so miniskule skaal te kan kerf.

      ja daardie te veel brotchens eet is soos te veel koue truksvye uit die yskas eet..selfde effek. Lol..

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +