Oumas…vir

@twaksak. Na aanleiding van Twakkies se steelfoto van die mooi ouma,moet ek met hom saamstem dat sommige oumas vandag nog absoluut pragtig lyk.Dis tog asof vrouens in hul middeljare meer besorgd is oor hul lywe,gereeld oefen,die kleurselbotteltjies langer gebruik en koebaai gesê het vir ou-tannie skoene en rokke met geplooide rompe.

‘n Mens hoef regtig nie grys te wees,solank as wat jou kopvel ,sonder allergiese reaksie,die kleursel kan uitstaan nie.Totdat ek die dag met dik geswelde oge en knoppe op my kop sit,gaan die botteltjie verf,deel van my “toilet” (spreek asb uit: TWALY…pinkie in die lug) wees!Perm en stywe krulletjies hoort vêrweg in die vorige eeu en haarkappers wat hierdie style uitvoer,moet hewig beboet word.”Purple Rinses” moet nie eers meer in enige woordeskat bestaan nie!

Daardie plat,dienlike Dr Skollie- en Groenkruis bote,is ‘n besliste nee! Ek weet dis gemaklik en gesond vir die voete,maar ai tog,dit doen niks vir elegansie nie.’n Mens hoef nie swik-swik op spykerhakke of platvorms te balanseer nie.Daar is allerlei mooi sandale,wat gemaklik aan netjiese,goedversorgde voete pas.Gepraat van voete…gebarste hakke,toonnaels wat oor skoenpunte hang en ‘n ritme uitklik op die vloer,is heeltemal taboe!

Meeste oumas worstel met voller figure,as toe hulle ‘n paar jaar jonger was….blykbaar is dit hormone,of so iets?Dit hoef egter nie die stylvolle ouma te dryf,om haar lyf in ‘n geplooide romp in te prop om dan soos ‘n wapperende sirkustent,asemhaal-asemhaal wind te pomp nie.Lekker styvolle langbroeke en denims,is oral beskikbaar.

Moderne oumas moet asseblief nie probeer lyk soos tienermeisies nie.Daar is niks so lelik soos getênde (lees uitgedroogde),wapperende bo-arms,wat mouloos elke kolletjie en plooi blootstel nie…om nie eers te praat van opgedrukte boesempies met ‘n kloof so breed soos ‘n snelweg nie.Ek mag al hierdie goed skryf,want ek is self ‘n ouma!

Eintlik wou ek net ‘n paar foto’s van my kleinkind plaas,toe rangeer ek na ‘n ander spoorlyn….

IMG_1443IMG_1439IMG_1446

30 Replies to “Oumas…vir”

    1. @benvanbruggen Jys reg.Daar is niks leliker as ‘n slordige ou man met lang neushare en wenkbroue soos oopklapvensters nie…om van kleredrag soos Pt-broeke en sox en sandals nie eers te praat nie!

      Like

  1. Suuuuuuuugggggg… jou beskrywing het my diep bekommerd… ek het na die kaal koppie darem al ‘n paar krulletjies op my kop, maar my lyf is baie ver van die ouma wat jy hierbo beskryf!!!!! 🙄

    Like

    1. @tina10 Onthou,dis alles tong in die kies en mens pas maar aan by wat jou lyf met jou aanvang.My lyf is soms nie baie genadig nie,en laat my ook maar gruwelik in die steek.Gelukkig kan mens met goeie klere keuses al die aftakeling wegsteek

      Like

        1. @tina10 Ek voel nou regtig sleg dat ek jou aangetas het.Dit was werklik nie so bedoel nie.Ek kan my nie indink watter nagmerrie jy moes deurgaan nie!Wens ek kon jou ‘n drukkie gee.

          Like

  2. Net te dierbaar!

    Ek stem saam met jou oor die bootskoene, terrible. Maar soos mens ouer word verloor jy daardie lagie onder jou voetsole wat hoehakke ongemaklik maak helaas, maar gelukkig is daar mooi en lekker skoene en nie almal is heeltemal plat nie. Dis ook vir my ongemaklik. Een ding van die winter waarvan ek hou is die stewels!, Soos @kompethenry sou sê NICE!

    Like

  3. Elke jaar verg dit meer toewyding om te behou wat jy in die verlede as vanselfsprekend aanvaar het.
    Helaas is ek vrek lief vir kaalvoetloop as ek by die huis is wat maak dat die stryd teen skurwe hakke amper by die week vererger
    Die foto’s – opvreetbaar

    Like

  4. Daai outjie is nog lekker onskuldig.

    Solank mens nie jou voete in sulke noupunt skoene indruk nie – dit neuk mens se voete op!

    Like

    1. @kompethenry Ja dis hartseer dat hy ook maar soos almal van ons,met die lewe se nare dinge gekonfronteer gaan word.
      Noupuntskoene is sekerlik een van die grootste euwels ,wat nog uitgedink is,maar dit gee vir die ortopede lekker werk!

      Like

  5. Pragtige kleinding. Ek hou van rompe, Al is ek mollig.Wyseman dink ook dis meer vroulik. Snaaks dat jy nie van rompe hou nie. Ek sien ook nie kans vir grys hare uitgroei nie.

    Like

    1. @avega Ek hou nie van wye rompe met plooie,wat mens nog groter laat lyk nie.Ek besit net twee rokke en dis die twee wat ek aangehad het op my dogters se troues!

      Like

  6. Dit was nou oulik en ek stem nogals heelwat saam met jou. Ek ken ‘n paar sexy, baie jong ouma’s wat einlik nie kwalifiseer om ‘n ouma genoem te word nie, hulle kinders het net “vroeg begin” Ek wens ek kon foto’s van hulle plaas, in ‘n skoolrok of denimshort en t-shirt kan hulle nog as hoerskool kinders gesien word. Ek weet dit klink onwerklik, maar glo my dit is waar.
    Ouma, jonk of oud, outyds of medern, goed versorg en jy lyk goed. Bederf met aandag en jy is ‘n goeie ouma.

    Jou kleinkind is pragtig!!!!!

    Like

  7. Ek dink nou sommer aan ‘n ander ding, terwyl jy sonder kleinkinders is dink jy aan jouself as nog jonk (wel ek doen) Voel mens dalk ouer en trek dienoorkomstig so aan as jy kleinkinders het en rerig die titel dra?

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +