Strepe en patrone…

Ek is besig om ‘n berg papiere te versnipper.Aan die begin van elke jaar sorteer ek al my bankstate,mediese vorms en al die ander pampiergeite uit.Ek hou net twee jaar se goed en die res gaan in die oranje sak.My snippermasjientjie is piepklein en na elke tien papiere,gee hy ‘n bloedstollende gil,as sy maag te vol word.Dan moet ek eers die papierderms uitryg en in ‘n ander sak leegmaak.Dit vreet my tyd op en van die vooroor buk,sien ek strepe en patrone voor my oge verbyflits….seker maar bloeddruk en ergerlikheid gekombineerd.

Wou net bietjie rus en die masjientjie ‘n blaaskans gee…gaan nou weer “werk”…sooo vervelig!

IMG_1476
Agterste sak nog vol papier.Voorste ene klaar gesnipper.Moeg masjientjie en snippermandjie met al die krammetjies,wat ek sommer uit die hoekies van die dokumente skeur…het nie nog lus om een van daardie kramtweezertjies te gebruik nie!
Advertisements

25 thoughts on “Strepe en patrone…”

      1. Ons woon in een van daardie strate wat toegemaak is deur die buurtwag net na ons huis, en hulle is net te lui om om te draai. Ek en my buurvrou het al verskeie kere gebel maar no luck. En die probleem is as mens die sakke so los dan kom iemand en keer die sak uit om die sak te vat en ek moet die papiere optel.

        Like

  1. Lol…ek ken daardie verstoppery baie goed. Gewoonlik gee my snipperaar eers sulke vreemde gilletjies en burps, en dan beweeg die papier al staaaaaaaaadiger voordat dit skeef intrek en opfrommel en een moerse verstopping veroorsaak. Dan is dit afsit, die top afhaal en geduldig daardie papierderms sit en uitryg tussen die snydrade. Ek het so ‘n lang plat plastiek pen bedryf wat ‘n orgidee se stam op sy tyd regop gehou het, wat perfek werk vir papierderms uitryg, dit word permanent in die kantoor gehou in een van die laaie.

    Like

      1. @//¥;:’):!!!! Bokserhonde! Grrrrrrrr.
        Light bulb oomblik….nooi die bokser oor en laat hulle los tussen die papiere wat ge shred moet word? Konfetti gewaarborg. 😉

        Like

  2. Ek skeur met die hand deur en weer. Baie vinniger as snippermasjien, dink jy rerig iemand sal probeer kyk na dir? Ek gooi dikwels goeters net in die sak.

    Like

    1. @avega Jong deesdae weet mens nie watter ogies lees jou privaatste goed nie.Ek wil regtig nie he iemand vreemd moet na my bankstate kyk nie!Met identiteitsbedrog wat aan die toeneem is,wil ek geen spoor van my daar buite los nie.

      Like

  3. Ek het my winkel se papiere wat ek moes hou vir 5jaar aan die brand gesteek, dit was ‘n bevrydende gevoel, soos dit was goed maar nou oor uit en verby. My dogter was vasgebind en met pistool aangehou. Ons het na ‘n paar dae ‘n vuurtjie gemaak en haar klere wat sy aangehad het in die vuur gegooi. Oor uit en verby, Dit werk.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s