Vasco en sy handsak.Spesiaal vir….

@ladygodiva My seun se Bokser kuier vir twee weke by ons en dis nogal ‘n probleem met my klein Schnausers,wat hom nie ‘n straaltjie son oor sy kop gun nie!

Aanvanklik was hulle hondverskrik vir die reuse lummel,want met ‘n pootklap het hy vir Tienkie onderstebo gerol.Hy wou regtig net speel.Frankie hang heeltyd soos ‘n bloedsuiende vampier aan Vasco se oor,as hy dit naby my of Tienkie waag!Na weke se droogte reën dit heerlik,maar skep dit nogal drama met die woewe.Dan moet dié een hier toegemaak word en daardie een moet daar uitgaan,dis ‘n organisasie met kosgee en wie se koppe gevryf mag word en wie s’n nie! Boonop moet die telers,tuinier en huishulp ook in gedagte gehou word.Dus ‘n hele beplanningseremonie om almal uit almal se hare te hou!

Vasco is die dierbaarste siel en so gehoorsaam,maar twee beskermende,keffende,gillende (hulle gil regtig) Snauchies gaan nie sommer besgee aan hul status in hierdie huis nie!

Uit radeloosheid het Vasco my dogter se handsak ingepalm en dit lê en oppas asof dit sy eie is.Wat is dit tog met Boksers en handsakke?

IMG_1478
Moenie nader kom nie,dis nou myne!
IMG_1482
Bewaar die een wat my handsak steel!

 

Advertisements

26 thoughts on “Vasco en sy handsak.Spesiaal vir….”

  1. Mooi hond, maar bokser + handsak = 20 jaar se intensiewe terapie en nagmerries vir my! JY IS ‘N STOUTGAT!!!!
    (Gee vir Vasco-die-handsakmonster ‘n tickle onder daardie wit onderlippie van my af.)

    Like

      1. Ha! Pak maar jou designer stafe rees ver weg. Anders gaan dit lyk of jy in n snow globe woon.
        hoe vorder die gekap en getimmer? Alles behalwe die leef area gedoen hier by my. Die moet maar wag tot junie se kant, ek het twee groepe vriende wat in april en mei opvlieg hierheen en my leefarea wil ek van die vloer af op laat oordoen so dit gaan tyd vat en in fases gedoen moet word so ek wag eerder totdat die ark weer leeg is 😀

        Like

      1. So lief vir hom, hy is slim en soet en gelukkig het die groter honde hom nou as deel van die trop aanvaar. Maar ag perdebytjie ek weet nie hoe ek hom gaan afleer om op die bed te slaap nie, agter my rug met sy kop op die kussing!

        Like

      2. @charly Klink bekend!Ons tweetjies mag saans vir ‘n rukkie by ons le,dan is dit badkamer toe in hul mandjies.Ons is dan baie streng dat hulle nie weer mag uitkom nie.Bederf hom lekker,maar weet,dit gaan moeilik wees om dit af te leer.

        Like

      3. 2 slaap in die ou bediendekamer, een in die kombuis maar Charlie is nog baie klein. Ek weet. Bedags is hy heel tevrede by die ander buite in die tuin.
        🙂

        Like

    1. @marynam Schnauchers het vreeslike skril stemmetjies en hoe meer opgewonde hul raak,hoe meer klink dit soos gille.Die mannetjie slaan partykeer oor in ‘n huilstem,gooi sy kop so agteroor,maak sy bek so ‘n klein sirkeltjie en ween dan nes ‘n wolf in die maanskyn.Lag ons vrek vir hom.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s