Vasco en sy handsak.Spesiaal vir….

@ladygodiva My seun se Bokser kuier vir twee weke by ons en dis nogal ‘n probleem met my klein Schnausers,wat hom nie ‘n straaltjie son oor sy kop gun nie!

Aanvanklik was hulle hondverskrik vir die reuse lummel,want met ‘n pootklap het hy vir Tienkie onderstebo gerol.Hy wou regtig net speel.Frankie hang heeltyd soos ‘n bloedsuiende vampier aan Vasco se oor,as hy dit naby my of Tienkie waag!Na weke se droogte reën dit heerlik,maar skep dit nogal drama met die woewe.Dan moet dié een hier toegemaak word en daardie een moet daar uitgaan,dis ‘n organisasie met kosgee en wie se koppe gevryf mag word en wie s’n nie! Boonop moet die telers,tuinier en huishulp ook in gedagte gehou word.Dus ‘n hele beplanningseremonie om almal uit almal se hare te hou!

Vasco is die dierbaarste siel en so gehoorsaam,maar twee beskermende,keffende,gillende (hulle gil regtig) Snauchies gaan nie sommer besgee aan hul status in hierdie huis nie!

Uit radeloosheid het Vasco my dogter se handsak ingepalm en dit lê en oppas asof dit sy eie is.Wat is dit tog met Boksers en handsakke?

IMG_1478
Moenie nader kom nie,dis nou myne!
IMG_1482
Bewaar die een wat my handsak steel!

 

26 Replies to “Vasco en sy handsak.Spesiaal vir….”

  1. Mooi hond, maar bokser + handsak = 20 jaar se intensiewe terapie en nagmerries vir my! JY IS ‘N STOUTGAT!!!!
    (Gee vir Vasco-die-handsakmonster ‘n tickle onder daardie wit onderlippie van my af.)

    Like

      1. Ha! Pak maar jou designer stafe rees ver weg. Anders gaan dit lyk of jy in n snow globe woon.
        hoe vorder die gekap en getimmer? Alles behalwe die leef area gedoen hier by my. Die moet maar wag tot junie se kant, ek het twee groepe vriende wat in april en mei opvlieg hierheen en my leefarea wil ek van die vloer af op laat oordoen so dit gaan tyd vat en in fases gedoen moet word so ek wag eerder totdat die ark weer leeg is 😀

        Like

  2. Ag is dit nou nie mooi nie Hy laat my dink aan Newsferret se Bokser
    Gee hom tog ‘n drukkie van my en sommer vir die Snausies ook!

    Like

  3. Lol ek kan so identifiseer met honde en reenweer en klein hondjies wat groot honde se ore uitrek
    🙂
    Handsak is die veiligheidskombersie!

    Like

      1. So lief vir hom, hy is slim en soet en gelukkig het die groter honde hom nou as deel van die trop aanvaar. Maar ag perdebytjie ek weet nie hoe ek hom gaan afleer om op die bed te slaap nie, agter my rug met sy kop op die kussing!

        Like

        1. @charly Klink bekend!Ons tweetjies mag saans vir ‘n rukkie by ons le,dan is dit badkamer toe in hul mandjies.Ons is dan baie streng dat hulle nie weer mag uitkom nie.Bederf hom lekker,maar weet,dit gaan moeilik wees om dit af te leer.

          Like

        2. 2 slaap in die ou bediendekamer, een in die kombuis maar Charlie is nog baie klein. Ek weet. Bedags is hy heel tevrede by die ander buite in die tuin.
          🙂

          Like

    1. @marynam Schnauchers het vreeslike skril stemmetjies en hoe meer opgewonde hul raak,hoe meer klink dit soos gille.Die mannetjie slaan partykeer oor in ‘n huilstem,gooi sy kop so agteroor,maak sy bek so ‘n klein sirkeltjie en ween dan nes ‘n wolf in die maanskyn.Lag ons vrek vir hom.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +