@ladygodiva My seun se Bokser kuier vir twee weke by ons en dis nogal ‘n probleem met my klein Schnausers,wat hom nie ‘n straaltjie son oor sy kop gun nie!
Aanvanklik was hulle hondverskrik vir die reuse lummel,want met ‘n pootklap het hy vir Tienkie onderstebo gerol.Hy wou regtig net speel.Frankie hang heeltyd soos ‘n bloedsuiende vampier aan Vasco se oor,as hy dit naby my of Tienkie waag!Na weke se droogte reën dit heerlik,maar skep dit nogal drama met die woewe.Dan moet dié een hier toegemaak word en daardie een moet daar uitgaan,dis ‘n organisasie met kosgee en wie se koppe gevryf mag word en wie s’n nie! Boonop moet die telers,tuinier en huishulp ook in gedagte gehou word.Dus ‘n hele beplanningseremonie om almal uit almal se hare te hou!
Vasco is die dierbaarste siel en so gehoorsaam,maar twee beskermende,keffende,gillende (hulle gil regtig) Snauchies gaan nie sommer besgee aan hul status in hierdie huis nie!
Uit radeloosheid het Vasco my dogter se handsak ingepalm en dit lê en oppas asof dit sy eie is.Wat is dit tog met Boksers en handsakke?
Mooi hond, maar bokser + handsak = 20 jaar se intensiewe terapie en nagmerries vir my! JY IS ‘N STOUTGAT!!!!
(Gee vir Vasco-die-handsakmonster ‘n tickle onder daardie wit onderlippie van my af.)
LikeLike
@ladygodiva Ek kon nie die kans laat verbygaan om sneeuwit herinneringe by jou wakker te maak nie! 😆
LikeLike
Ha! Pak maar jou designer stafe rees ver weg. Anders gaan dit lyk of jy in n snow globe woon.
hoe vorder die gekap en getimmer? Alles behalwe die leef area gedoen hier by my. Die moet maar wag tot junie se kant, ek het twee groepe vriende wat in april en mei opvlieg hierheen en my leefarea wil ek van die vloer af op laat oordoen so dit gaan tyd vat en in fases gedoen moet word so ek wag eerder totdat die ark weer leeg is 😀
LikeLike
@ladygodiva Die vertrek is amper klaar.Nou moet dit nog geverf word.Dis darem oor die hond se rug!
LikeLike
Hy lyk soos ‘n stout kind.
LikeLike
@avega Hy is die dierbaarste gedrog,so sensitief!
LikeLike
Ja so sensitief dat hulle n sneeustorm deur n raket kan knibbel sonder om die snare te breek!
LikeLike
*grin*
Daai goed is amper so hardkoppig soos Dobermans…
🙂
LikeLike
@kompethenry Ek moet erken ek verkies ‘n Bokser bo ‘n Doberman.
LikeLike
🙂
LikeLike
Ag is dit nou nie mooi nie Hy laat my dink aan Newsferret se Bokser
Gee hom tog ‘n drukkie van my en sommer vir die Snausies ook!
LikeLike
@tina10 Kan ek nie liewer vir hom ‘n soen op sy slobberbek gee nie?
LikeLike
Kostelike foto’s. Ek dink daai handsak is sy kombersie 🙂
LikeLike
oulik 🙂 dit lyk of Vasco ( da Gama ?) enige oomblik sy goed (handbagasie) gaan vat en loop !
LikeLike
@exionperfexi Vasco voel op hierdie stadium lus om te waai.Die Schnauchers ly hom ‘n lewe en buitendien verlang hy na sy pa!
LikeLike
Lol ek kan so identifiseer met honde en reenweer en klein hondjies wat groot honde se ore uitrek
🙂
Handsak is die veiligheidskombersie!
LikeLike
@charly Ja jy het ook nou ‘n spannetjie honne .Hoe gaan dit met die kleintjie?
LikeLike
So lief vir hom, hy is slim en soet en gelukkig het die groter honde hom nou as deel van die trop aanvaar. Maar ag perdebytjie ek weet nie hoe ek hom gaan afleer om op die bed te slaap nie, agter my rug met sy kop op die kussing!
LikeLike
@charly Klink bekend!Ons tweetjies mag saans vir ‘n rukkie by ons le,dan is dit badkamer toe in hul mandjies.Ons is dan baie streng dat hulle nie weer mag uitkom nie.Bederf hom lekker,maar weet,dit gaan moeilik wees om dit af te leer.
LikeLike
2 slaap in die ou bediendekamer, een in die kombuis maar Charlie is nog baie klein. Ek weet. Bedags is hy heel tevrede by die ander buite in die tuin.
🙂
LikeLike
Ai, die gesiggie op die eerste foto! 🙂 Wat ‘n Liefding. Interessant dat Schnausers gil?, nie veel kennis van hulle nie.
LikeLike
@marynam Schnauchers het vreeslike skril stemmetjies en hoe meer opgewonde hul raak,hoe meer klink dit soos gille.Die mannetjie slaan partykeer oor in ‘n huilstem,gooi sy kop so agteroor,maak sy bek so ‘n klein sirkeltjie en ween dan nes ‘n wolf in die maanskyn.Lag ons vrek vir hom.
LikeLike
Jitte, ek sal hom mos opsoen !
LikeLike
@losbek Mens wil hom opsoen,maar die ou bek is maar slobberig!
LikeLike
Ek sal hommer sommer net opsoen! Ek is absoluut mal oor boksers! Daai gesig en lippe is opvreetbaar!
LikeLike
@cbl1979 Hy is so ‘n skattebol..op sy gelukkigste as hy by mens kan wees.Ek moes hom nou al ‘n paar keer van my sitkamerbanke afjaag!
LikeLike