Ek het te veel woorde…

nodig om vandag te beskryf.Sal dit so kort as moontlik hou.

Die gelui van my foon ruk my uit ‘n diepe slaap.Dis my liewe huishulp wat vra of ek haar kan kom haal.Die vervlakste taxibestuurders staak,oftewel,ontwrig weer almal se lewens.In gietende reen trotseer ek die gaterige agterpaaie, lyk soos ‘n dronkie,soos wat ek slinger om die gate.In Die township lyk die paaie nog erger en my ou karretjie hop soos ‘n rugbybal…sommer al die kante toe.

Terug by die huis,spring  ons aan die werk om die nuut geteelde kamer skoon te maak…verstik amper in die sementstof,maar na so ‘n paar ure lyk dinge beter.Natuurlik is die honde ook heeltyd tussenin..wil nie uitgaan om draaie te loop nie,want hulle is bang vir water!Intussen gee die Schnausers nog steeds vir arme Vasco gas…hap kort-kort na hom.As ek weer kyk,sit ta met sy massiewe lyf op my sitkamerbank,met so ‘n weemoedige gesig en maak dit vir my baie moeilik om hom daar af te boender!

Die foon lui en ek kan amper nie my ore glo nie.My kar was Vrydag in vir ‘n diens en die dame vra of ek asseblief my motor kan terugbring,want die werktuigkundige het van sy gereedskap in die enjin gelos.Met sweet en stof wat aan my klou,vertel ek die dame dat ek beslis nerens heen gaan nie. Ek stel voor dat ek self sal loer of dit nog daar is en dan terugbel.

Pure vroumens,moet ek die handleiding naderhark om te sien waar die enjinkap ooptrek.In die lig van ‘n flits,bespeur ek iets wat nie lyk soos die binnewerk van  ‘n enjin nie.Natuurlik kan my arm nie in die nou spasie in nie,en gister se braaivleistang,word ingespan om die “tools” uit te vis.Sal dit later die week terugneem as ek in daardie koers ry.

Na ek weer die trippie township toe afgehandel het,ry ek terug en voel hoe my regter groottoon al hoe seerder word…sommer so uit die bloute.Ontsmettingsmiddel,salf en pleister,later,sit ek nou poot in die lug,met ‘n toon wat klop soos daardie koper deurkloppers op ‘n houtdeur.Lyk soos ‘n ingroei- toonnael.Hoop ek maak dit deur die nag….

Ek het vergeet om te noem dat ons slaapkamerdak lek soos ‘n sif…ek moes nog rondhardloop met handdoeke en skottels ook!

29 Replies to “Ek het te veel woorde…”

  1. Sterkte met daardie toon, hoop nie hy hou aan klop-klop-klop nie. Gelukkig lek die dak darem net wanneer dit reën. Hoop nie daar het van die gereedskap verloor nie, na die rit deur die gate, is dit baie moontlik. Hy moet dit eintlik by jou kom haal.

    Like

    1. @daniec Die toon voel stukke beter,dit het ophou reen en die gereedskap is terug.Vir sekuriteitsdoeleindes gee ons nie ons adres vir garages nie,dus het ek maar self gery en dit terug geneem.Dit was ‘n jong verskrikte vakleerling.Hy het vreeslik verskoning gevra en ek kon sien hy was verwese…seker goed in die moeilikheid gewees.

      Like

  2. Snaaks hoe alles altyd soos ‘n golf aangespoel kom en dan weer terug trek en dan kom die volgende golf. As jy ‘n opsossing vir daai toon kry laat my weet. Dis my enigste skeet maar hy bly ‘n doring in die vlees.wil nie weggaan nie.

    Like

    1. @monicahaddad As my dag so begin,is ek gewoonlik nuuskierig om te sien wat nog gaan uitbroei!
      Die toon is maar ‘n kwessie…het nie regtig raad nie,behalwe dat mens die hoekies moet probeer wegsny en vermy om in die gleuf langs die nael te krap met iets.Dis wat ek gedoen het,om “skoon”te maak en natuurlik met my skroppery het daar ‘n kiem ingekom!

      Like

  3. Klink na ‘n rowwe dag wat indertdaad baie woorde benodig. ek dink die motorhawe kan maar drywer uitstuur om die gereedskap te kom haal.
    Eine vir daai toon.

    Like

    1. @rosiemetdorings Ja dit was effe anders,maar dis mos waarvoor Maandae blou is!Vir sekuriteitsredes gee ons nooit ons adres vir die garage nie,dus het ek liewer self die spanner teruggeneem.
      My toon voel beter,dankie.

      Like

      1. @perdebytjie
        hier sit ek nou ewe verbaas. Ek gee net ons kar se registrasienommer, dan vra die ou, praat ek nou met Mev Doring van so- en so adres. Hulle kom laai my by die huis af as ek die kar inneem het vir sy diens.

        Like

  4. *drukkie* Ek weet nie waarvoor moet ek eerste begin hoop vir jou nie… miskien die taxibestuurders
    Ag en gee tog vir Vasco ook ‘n drukkie van my

    Like

    1. @tina10 Vandag loop alles weer reg.Die taxis ry weer,dit reen nie meer nie(waaroor ek spyt is),die gereedskap is terug by sy baas en my toon voel sommer stukke beter!My ma het altyd gese,mens moet net ‘n nag slaap,dan lyk dinge die volgende dag sommer beter!

      Like

  5. Ek hou sommer baie van WordPress se Related Reading funksie – ek kan nie die olifantfotos kyk wat jy vandag geplaas het nie (as dit reën, sleep die internet soos ‘n ou deurgespeelde LP), maar so beland ek toe nou op jou blogs. Ek het nou lekker gelag vir die toonstorie, want ons was gister uit vir die dag en ek het my toonnaels skoongemaak, toe begin my toon kramp – Vader, ek dog die ding gaan afbreek, maar die seer is darem nou oor.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +