Vasco-fiasko

Gisteraand besluit ons om Faan se Trein te gaan kyk.Met onweerswolke wat saampak,besluit ons dat die honde in die huis moet bly.Vasco,wat nou al twee weke hier kuier word in die badkamer toegemaak,met ‘n groot bak water en sy lekker dik matras.Die kleintjies is op hul gewone plek in hul bedjies.

Na ‘n heerlike aandjie uit en met geen druppel reën wat geval het nie,kom ons tuis.In die gang kom ons af op ‘n skokkende toneel.Stukke hout steek onder die badkamerdeur uit! Toe ons oopmaak,bons ‘n baldadige goudbruin dierasie,vrolik by die deur uit,om ons te verwelkom.Die badkamer is besaai met stukke hout en die deur se rou binnegoed gaap vir ons.Vascotjie (grrrrr!) klap sy sweepstert,so swiep-swiep teen my bene en dit lyk of die knaap so pas die Jonkerdiamant op ‘n skinkbord vir my aangebied het!Hemel,sy verwoesting moes ‘n vreeslike lawaai afgegee het en ek kan amper nie glo dat die bure nie gedink het daar is inbrekers by ons besig nie!

Lang storie kort,dit was eintlik ons eie skuld.Ons moes nooit die ou daar toegemaak het nie.Gelukkig gaan hy môre huis toe,met ‘n rekening vir ‘n nuwe deur,gerig aan sy niksvermoedende baas!Ten minste weet ek nou hoe lyk die binnekant van hierdie hol deure,wat moet dien as “beskerming”.

@ladygodiva Boksers is nie net verwoesters van handsakke nie!

IMG_1504a
Die deur se derms is net stukke karton.
IMG_1502a
Vasco se afskeidsgeskenk!

 

28 Replies to “Vasco-fiasko”

    1. @tina10

      Wie ek? Ek sou nooit hete kole hoop nie…

      Maar ek moet erken – het lekker gelag – al is dit eintlik tragies – en dan moet mens die goed nie doodmoer nie!

      🙂

      Like

  1. Oi vey….. gaan niks se nie behalwe dat ek vrekmoeg is vanaand en yorkshire besig is om wegtespoel. Ons hotelkamer is gelukkig knus en warm 🙂

    Like

  2. En so demonstreer dit hoe ons ook soms, nes diere, nie verstaan dat iemand ons eintlik probeer beskerm of ‘n guns doen nie! Hoe was Faan se trein toe?

    Like

    1. @katrina Jy is so reg! Ek het die fliek baie geniet,maar dis soms half geforseerd kru en die tema is al redelik algemeen…kleindorpse mentaliteit,die dorpsidioot,die engheid van ‘n geslote gemeenskap.Die akteurs en fotografie was puik en ek was heeltyd geboei.Definitief ‘n kyk werd.

      Like

  3. Ek sal nou maar nie kommentaar lewer nie, want daar is mense wat kla, dat hulle hul nekke skade aandoen om na my skewe foto te kyk. Lekker naweek!

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +