‘n Bekertjie se reis.

Spesiaal vir @ladygodiva wat hou van reis en mooi goed. Iewers in Engeland het iemand agter gekom dat daar 'n eensame,bruingevlekte,afgeleefde ou Bunnykins-bekertjie 'n stoksielalleen lewe in 'n Suid-Afrikaanse vertoonkas slyt.Dadelik is daar planne gesmee om die kraak-oor-outjie se raklewe op te kikker.Na 'n lang gesoek en baie oorweging,is 'n splinternuwe jongeling opgespoor.Met vele liefde en versigtigheid,is …

Piet,Pieta…

Na 'n lang lyding is jy uiteindelik Woensdagmiddag sag heen.Ai Piet,dit was verskriklik en jou familie moes dit aanskou. Ek onthou jou as hierdie gulhartige mens,wat elkeen op jou pad,spesiaal laat voel het.Met jou lekker Namibiese aksent en sêgoed,kon ons vir ure aan jou lippe hang.Wanneer jou vingers oor die kitaarsnare gestryk het en die …

Ek gaan….

So 'n klein rukkie van die radar af verdwyn.Darem nie te lank nie.Ek hoop as ek terug is,dat die nare Captcha sy gaai gesien het! Al wat ek gaan sê is dat my kamera se batterye gelaai is. Wederom tot wanneer ookal.

P staan vir…

PAPNAT! Dis nou al die tweede nag dat ek ru wakker word met water wat in my oor Plons!Ja,ons dak lek soos 'n sif...toevallig net in ons kamer....Murphy's Law? Ons huis het sulke bruin dakbalke en as die water iewers inlek,looP die water teen die balke langs en Plons enige Plek neer.Die gevolg is dat …