P staan vir…

PAPNAT!

Dis nou al die tweede nag dat ek ru wakker word met water wat in my oor Plons!Ja,ons dak lek soos ‘n sif…toevallig net in ons kamer….Murphy’s Law?

Ons huis het sulke bruin dakbalke en as die water iewers inlek,looP die water teen die balke langs en Plons enige Plek neer.Die gevolg is dat ek ‘n totale aanslag van die elemente oral in my veronderstelde gemaklikste, veiligste area,moet trotseer.

Die badkamer wat ‘n verlenging van die slaaPkamer is,skeP nog ‘n droewiger prentjie.Eerstens gly ek by die deur op die Papnat gladde teëls en vladder rond soos ‘n vlermuis,voordat ek ‘n greeP op die bad se rand kry.Dit red my van gewisse beserings en breuke.Ek vorder ongedeerd tot by die toilet,waar druPPels koue water oP my twee volmane,my heeltemal wakker ruk.

Nou is ek sommer boos.By die wasbak wil ek my glas volmaak om my skok bietjie te verdrink,maar o wee….die glas is vol bruin water wat bokant die wasbak afdruP!Nou sien ek eers dat die hele badkamervloer PaPnat is en dat die enigste droë kol die….. stort is!

Orals staan Potte en Panne en dit lyk of ek ‘n kookkursus aanbied op my kamermat.Natuurlik wil die Snauchies ook nie uitgaan nie en ek het my hande vol om te keer dat hulle iewers ongewenste Pakkies en Plasse los.

Ek is ontsettend dankbaar vir die reën en het hierdie week al tagtig mm uit die reënmeter gegooi!

Advertisements

18 thoughts on “P staan vir…”

  1. En nou is dit nog te nat om reg te maak.Ons het ook ‘n lekplek wat aandag sal moet geniet…
    Gelukkig nie in die slaapkamer nie.

    Baie dankbaar vir die reen, maar die honde gladnie. Gister het die grote en Charlie maar uit verveeldheid in die tuin gaan stap in die stortende reen en toe papnat teruggekom en in die manjies geklim. Nat honde ruik nie baie lekker nie
    🙂

    Like

    1. @charly
      Nou die aand het ons ook so stewige vlagie reën gekry. Maak die TV kamer se deur oop om die koele lafenis te laat inkom – dis wat Pablo by ons verby glip en sy bal gaan inhaal wat buite in die reën gelê het. En hy PES natword

      Like

    2. @charly My twee brakkies laat hulle nie sommer uitgooi nie en ek het vir merrim op heterdaad betrap op die sitkamermat,kort nadat sy buite was!As mens nie saamstap en seker maak hulle loop ‘n draai nie,dan moet jy weet hulle loop NIE ‘n draai nie.

      Like

    1. @tantekoba Ek het nou eers jou kommentaar opgespoor.Gewoonlik antwoord ek altyd,maar lyk my met hierdie gemors wat die afgelope tyd aangegaan het,het ek nooit jou boodskap gekry nie!Dankie vir die inloer.Ek waardeer dit.

      Like

      1. @perdebytjie
        Moenie te eensaam voel nie, dit het met my ook al gebeur. dink ek het iewers ‘n blog waarop ek niemand geantwoord het nie, was net te bedrywig en dit het my heel ontgaan 😦

        Like

  2. Jy sal maar lyk my met ‘n stortkappie op moet slaap..
    Die Ondiertjies het my simpatie. Ek sal ook nie in die koud en nat buite wil gaan piepie nie.

    Like

      1. Hei ‘n stortkappie in die regte omstandighede kan juis ‘n aphrodisiac wees, hahaha!
        (Verskoon tog maar, ek het al 3 koffies in en dit is nog nie eers 1 uur in die middag nie. )

        Like

      2. @ladygodiva Jy is definitief besig om te hallusineer van al die koffie…romantiese stortkappies…Dalk kan mens sulkes ontwerp met jou gunsteling troeteldiere se foto’s daarop.Vir jou een met ‘n bokser wat speel in die sneeu.

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s