Piet,Pieta…

Na ‘n lang lyding is jy uiteindelik Woensdagmiddag sag heen.Ai Piet,dit was verskriklik en jou familie moes dit aanskou.

Ek onthou jou as hierdie gulhartige mens,wat elkeen op jou pad,spesiaal laat voel het.Met jou lekker Namibiese aksent en sêgoed,kon ons vir ure aan jou lippe hang.Wanneer jou vingers oor die kitaarsnare gestryk het en die liedjies met jou mooie stem die atmosfeer vul,kon niemand om jou hartseer of in ‘n slegte bui bly nie.Dis die effék wat jy op mense gehad het.

Ek sien jou nog met die braaitang voor die rooster met sissende vleisies of ‘n vissie op die kole…vol storietjies oor die dinge van die lewe,die allerdaagse dinge wat mens laat lag.Deur jou oë kon jy die eenvoudigste gebeurtenis omskep in ‘n snaaksigheid,wat lagtrane laat rol.

Jou spottery met jou Suidwes-eelt (lekker ronde maag) en hoe jy “ruim skep” by die kosbakke,sal altyd in ons harte deel wees van wie jy was.

Dankie dat jy vir ‘n kort tydjie deel van ons lewens kon wees….ons gaan jou mis ou Pieta!

 

 

Advertisements

16 thoughts on “Piet,Pieta…”

  1. Ai, ek treur saam vandag, het die storie van Pieta gevolg. Suidwes-eelt? 🙂 Hy sal met deernis voortleef in baie gedagtes. My innige meegevoel Perdebytjie.

    Like

    1. Ek kry nou nie jou Skaduwee bloginskrywing met die pragtige fotos nie en wou nog daarop kommentaar lewer. Die een van jou met die kampstoeltjies teen die rotsrooi agtergrond was my gunsteling, dit was pragtig.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s